# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste is bekommerd oor onnatuurlike sterftes onder gevangenes ná ʼn verslag van die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste oor sy prestasie in 2025/2026 se eerste kwartaal. Die inspektoraat se klagtekantoor het 177 klagtes ontvang. Dit sluit 46 gevalle in waar gevangenes mekaar aangerand het, 29 klagtes oor beamptes wat […]
# Krieket: Die Protea-vroue het Pakistan met agt paaltjies verslaan in hul eerste eendagwedstryd in Lahore. Sidra Amin het ‘n onoorwonne honderdtal aangeteken en die gasvroue het 255 vir vier in hul 50 boulbeurte aangeteken. Marizanne Kapp en Tazmin Brits het daarna honderdtalle aangeteken en ‘n ononderbroke vennootskap van 216 om die derde paaltjie gedeel […]
# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dagvaar die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan vir laster. Dit volg nadat O’Sullivan bewerings op mediaplatforms gemaak het dat Mkhwanazi betrokke is by misdadige aktiwiteite, ‘n moordbende bestuur en by korrupsie betrek word. Hy het Mkhwanazi en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, ook daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, is Span Europa se groot trekpleister op die jaarlikse Laverbekertoernooi wat hierdie naweek in San Francisco plaasvind. Die ander spanlede is Alexander Zverev van Duitsland, Holger Rune van Denemarke, Casper Ruud van Swede, die Tsjeggiese speler Jakub Mensik en die Italianer Flavio Cobolli. Die Fransman Yannick Noah […]
# COSATU in die Wes-Kaap is uiters bekommerd oor die LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, se besluit om verskeie minibus-taxiroetes vanaf vandag vir 30 dae te sluit. Die betrokke roetes sluit in Mfuleni, Khayelitsha, Nomzamo, Lwandle en Somerset-Wes. COSATU se woordvoerder Zanele Sabela sê die stap, wat sonder behoorlike raadpleging gedoen is, sal werkers, studente […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge verwerp adjunkpresident Paul Mashatile se bewering dat Swart Ekonomiese Bemagtiging ‘n groot sukses is. Die organisasie sê bewyse toon Swart Ekonomiese Bemagtiging het werkloosheid vererger, ongelykheid verdiep, beleggings ontmoedig en hoofsaaklik ‘n klein elite-groep bevoordeel. Hermann Pretorius van die instituut sê meer as 80-persent van Suid-Afrikaners ondersteun meriete-gebaseerde aanstellings en […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Psigiaters sê tot 92-persent van Suid-Afrikaners met geestesgesondheidsprobleme, ontvang nooit behandeling nie. Gevolglik is daar drie uit vier mense sonder ondersteuning vir algemene toestande soos depressie, angs en dwelmmisbruik. Minder as een uit tien pasiënte met ernstige geestesversteurings ontvang die sorg wat hulle benodig. Die organisasie se woordvoerder, Anusha Lachman, […]
# Psigiaters van regoor Afrika sal van vandag tot Vrydag in Oos-Londen in die Oos-Kaap vergader vir die 2025 kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Psigiaters. Die konferensie sal fokus op die verbetering van toegang tot geestesgesondheidsorg, aangesien die meeste mense met geestesprobleme tans nie behandeling ontvang nie. Anusha Lachman van die organisasie sê afgevaardigdes […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, verskyn Vrydag voor die Parlement se water- en sanitasiekomitee om te verduidelik hoe hy die stad se waterkrisis gaan aanspreek. Lede van die Parlement wil weet hoekom vier-miljard-rand van Johannesburg Water weggeneem is en na munisipaliteite gestuur is. Dit het tot ontstoke debat gelei met opposisie partye wat […]