# Die Referendum Party sê president Cyril Ramaphosa weier om te erken dat die ANC-bewind en -beleid die ekonomie steeds verlam. Woordvoerder Joan Swart sê armoede duur voort en ongelykheid bly krisisse wat nie toevallig is nie, maar die onvermydelike gevolg van beleid wat die ekonomie verlam het, staatsvermoë uitgehol het en korrupsie verskans het:
# Die EFF sê die ANC-regering het misluk om die mense teen armoede en werkloosheid te beskerm, en ook misluk om enige hoop op ekonomiese transformasie te bied. Die party sê die sluiting van die bandvervaardiger Goodyear in Kariega, Oos-Kaap, is nie ‘n geïsoleerde voorval nie, maar deel van ‘n breër ineenstorting van die min […]
# Die DA sê hy sal voortgaan om verantwoordbaarheid te eis en robuuste ondersoeke te ondersteun na die bedanking van die adjunk-direkteur-generaal vir Eiendomsbestuursdienste in die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur, Nyeleti Mthetwa. Macrae Bath van die DA sê dit volg op minister Dean Macpherson se besluit om met ‘n omvattende ondersoek te begin […]
# ActionSA in Johannesburg is diep bekommerd oor die aanstelling van raadslid Loyiso Masuku as die nuwe burgemeesterskomiteelid vir Finansies in die stad. ActionSA se woordvoerder, Zwelithini Mtshali, sê gedurende haar ampstermyn as burgemeesterskomiteelid vir Groep Korporatiewe en Gedeelde Dienste, het die stad reuse-verkwistende uitgawes van 240-miljard-rand in die 2023/2024-boekjaar aangegaan. Hy sê Masuku het […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap het die lewenslange tronkstraf vir drie mans verwelkom vir die berekende sluipmoord op polisiespeurder, Phumlani Dastile, wat in Augustus 2021 in Zwelitsha vermoor is. Die NVG se woordvoerder, Luxolo Tyali, sê Thando Mangolwane, Siyabonga Zimela en Siphelo Bebe het Dastile vermoor uit wraak vir die skuldigbevinding van Bebe, […]
# Gauteng se LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Faith Mazibuko, sê haar departement en die Departement van Binnelandse Sake sal voortgaan met operasies wat daarop gemik is om kinders wat bedel van die strate in Gauteng te verwyder. Die departementele woordvoerder, Motsamai Motlhaolwa, sê hierdie naweek het die gekoördineerde operasie in Johannesburg-Noord en -Suid gelei tot […]
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het bevestig dat raadslid Bongani Hadebe die behoorlik verkose en wettiglik erkende burgemeester van die Dannhauser Plaaslike Munisipaliteit is. Die departement se woordvoerder, Senzo Mzila, sê enige eise of optrede deur enige ander individu wat voorgee om hierdie amp te beklee, is sonder regstatus en […]
# Die Stad Kaapstad sê oor die afgelope 12 maande was daar ‘n afname in die aantal residensiële brande en verwante sterftes. Statistiek oor residensiële brande vir die 2024/2025-boekjaar het drie-duisend-773 informele residensiële brande en formele residensiële brande en 166 sterftes regoor Kaapstad aangeteken. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die algehele […]
# Die Stad Tshwane se Forensiese Dienste en die Tshwane Metropolisie het ‘n persoon ontdek wat hom voordoen as ‘n wettige werknemer by die stad se Rietvlei-waterbehandelingsaanleg. Dit volg op ‘n versoek van die Kantoor van die Hoofbedryfsbeampte om identiteitsbedrog te ondersoek in die geval van ‘n personeellid met die naam Prince. Die stad se […]