#Israel se nasionale lugredery El Al het weens die voortslepende konflik tussen Israel en Iran alle vlugte tot ten minste 19 Junie opgeskort, met bykomende kansellasies na baie Europese stede tot 23 Junie. Die lugdiens het vroeër alle vlugte tot 17 Junie gekanselleer, met die land se lugruim wat steeds gesluit is. El Al sê […]
# Die Oos-Kaapse provinsiale regering het bevestig dat die dodetal na die onlangse oorstromings tot 88 gestyg het, insluitend ‘n tienjarige meisie van Libode. Nadoodse ondersoeke is voltooi, met 83 liggame wat positief geïdentifiseer is en 56 wat reeds aan families vrygestel is. Vyf is nog nie geïdentifiseer nie. Die provinsiale regering sê owerhede werk […]
# Plaaslike gesondheidsowerhede sê minstens 12 Palestyne is vandag regoor Gaza in Israelse lugaanvalle dood. Ten minste vyf van hulle is naby twee hulpsentrums dood wat deur die VSA-gesteunde Gaza Humanitarian Foundation bedryf word. Medici by die Al-Awda-hospitaal in die sentrale Gazastrook sê ten minste drie mense is dood en tientalle gewond in Israelse vuur […]
# Build One South Africa sê die voorgestelde wysiging van die Wet op Gelyke Indiensneming verbied werkgewers om vorige betaalstrokies te gebruik om salarisse vas te stel. Die partyleier Mmusi Maimane sê dit verskans loonongelykheid en beperk werkers tot lae-inkomste siklusse. Hy versoek deursigtigheid en billike werksadvertensies. Maimane sê dit bevorder waardigheid en ekonomiese deelname, […]
# Krieket: Dis een elk in die reeks van drie eendagwedstryde tussen Suid-Afrika en die Wes-Indiese Eilande nadat die Protea-vroue gister die tweede wedstryd met 40 lopies by die Cave Hill Oval in Barbados gewen het. Die Suid-Afrikaners se kolforde het uitgeblink met 309 vir 9, insluitend Sune Luus se 76 van net 65 balle. […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se riglyne oor die Bela-wet veroordeel en sê haar optrede is onwettig en ongrondwetlik. SADOU-woordvoerder Nomusa Cembi sê die wet laat slegs regulasies toe en nie riglyne nie. Sy het die minister van politieke inmenging beskuldig. Sy sê die vakbond eis die […]
# Die Departement van Water en Sanitasie het bewerings op sosiale media ontken dat oop sluise by die Mthatha-dam die onlangse oorstromings veroorsaak het. Die hoof van die Spesialis-eenheid vir Damveiligheid, Wally Ramokopa het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die dam nie sulke sluise het nie. Ramokopa sê die oorloop was natuurlik […]