#Tennis: Taylor Fritz het Alexander Zverev gister in Stuttgard in skoon stelle verslaan en sy eerste ATP-titel van die seisoen gewen. Die Amerikaner het ‘n maklike oorwinning van 6-3, 7-6 behaal ten spyte van ‘n reënonderbreking vroeg in die tweede stel. Fritz het nou sy laaste vyf wedstryde teen Zverev gewen en opgeskuif na die […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die Appèlhof nader nadat regter Phillip Loubser hul aansoek in die Vrystaatse Hooggeregshof om teen ‘n uitspraak te appelleer, van die hand gewys het. Dit staan in verband met die onwettige uitlewering van Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota. Cholota is uitgelewer om te antwoord op aanklagte van […]
# Suid-Afrikaners word versoek om te waak teen die nuwe COVID-19-variant, Nimbus, wat vinnig in die VSA, Asië en Europa versprei. Nimbus, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as ‘n variant geklassifeer is wat gemonitor word, toon hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. In ‘n onderhoud met Newzroom Afrika waarsku Shabir Madhi van die Wits Mediese Skool dat […]
# Die adjunkpresident, Paul Mashatile, is die hoofspreker by die 49ste Nasionale Jeugdag-herdenking by die Noordwes-Universiteit se Joolplaas-stadion in Potchefstroom. Hy neem waar vir president Cyril Ramaphosa, wat die G7-beraad in Kanada bywoon. Die geleentheid, onder die tema “Vaardighede vir die Veranderende Wêreld – Bemagtiging van die Jeug vir Betekenisvolle Ekonomiese Deelname” vereer die Soweto-opstand […]
# ActionSA sal môre [Dinsdag] Suid-Afrika se eerste jaar-oorsig oor die regering van nasionale eenheid vrystel. Die oorsig, wat ‘n jaar sedert sy stigting herdenk, sal die RNE se prestasie op sleutelbestuursgebiede beoordeel. ActionSA sê die datagedrewe verslag bied Suid-Afrikaners die kans om dienslewering te evalueer teenoor die regering se beloftes. Die party hoop om […]
# Not In My Name verwerp Jeugdagvieringe en eis geregtigheid. Terwyl die 49 jaar sedert die Soweto-opstand gevier word, sê die groep, jongmense, veral vroue en kinders, word steeds onderdruk deur geweld, armoede en uitsluiting. Met jeugwerkloosheid wat toeneem, doen die groep ‘n beroep vir ‘n dringende verandering oral in die gemeenskap. Hy sê die […]
#Die politieke ontleder Bheki Mngomezulu sê die Regering van Nasionale Eenheid het ‘n identiteitskrisis. Dis vandeesweek een jaar sedert die RNE gevorm is nadat die ANC se steun in die 2024-verkiesing tot 40-persent gedaal het. Mngomezulu sê die koalisie se dienslewering is stadig met swak samehorigheid tussen ministers. Mngomezulu het met SABC News gepraat en […]
# Rugby: Die beseerde Wêreldrugby-speler van die Jaar Pieter-Steph du Toit is uitgelaat uit die Suid-Afrikaanse groep wat vir die eerste vier wedstryde van die seisoen voorberei. Die 32-jarige flank is een van die ses beseerde spelers wat nie teen die Barbarians, Italië en Georgië sal speel nie. Die Springbokke sal tussen Augustus en Oktober […]
#Israel se nasionale lugredery El Al het weens die voortslepende konflik tussen Israel en Iran alle vlugte tot ten minste 19 Junie opgeskort, met bykomende kansellasies na baie Europese stede tot 23 Junie. Die lugdiens het vroeër alle vlugte tot 17 Junie gekanselleer, met die land se lugruim wat steeds gesluit is. El Al sê […]