# Die DA sê Suid-Afrika se gesondheidsfasiliteite mag nooit vir politieke gewin misbruik word om die oppergesag van die reg te ondermyn nie. Die party het gereageer op die voortdurende xenofobiese veldtog gelei deur Operasie Dudula en ander groepe wat migrante toegang tot gesondheidsorg weier. Imran Keeka van die DA sê gesondheidsorg is ‘n reg […]
# Die GOOD-party sê prokureurs wat opposisiepartye in die Stad Kaapstad verteenwoordig, het aan die speaker van die raad, Felicity Purchase, geskryf. Daar word aangedring dat eerskomende Dinderdag se raadsvergadering nie virtueel bygewoon word nie, maar in persoon. Jonathan Cupido van GOOD sê as die Speaker nie aan die eis voldoen nie, sal die partye […]
# Tennis: Emma Navarro, Paula Badosa en Tommy Paul het almal onttrek aan die Amerikaanse Ope Gemengde Dubbelspel-kampioenskap, wat volgende Dinsdag begin. Dit laat Jannik Sinner, Jack Draper en Jessica Pegula sonder spanmaats. Draper en Pegula het nou gegroepeer, terwyl Sinner tot vandag het om ‘n spanmaat te vind. Jasmine Paolini en Lorenzo Musetti het […]
# Die Kanadese regering het ingegryp in die Air Canada-staking en beide partye na die onderhandelingstafel gedwing nadat honderde vlugte hierdie naweek opgeskort is. Die minister van Arbeid, Patty Hajdu, het ‘n bindende arbitrasie tussen die lugredery en die Kanadese vakbond vir staatsamptenare, wat meer as tienduisend Air Canada-vlugkelners verteenwoordig, gelas, ure nadat ‘n staking […]
# Die Nasionale Seereddingsinstituut sê daar is geen nuwe verwikkelinge in die voortgesette soektog langs Durban se Noordkus na die 61-jarige vermiste Suid-Afrikaanse Lugdiens- en akrobatiese vlieënier Andrew Blackwood-Murray van Johannesburg nie. Die instituut se woordvoerder, Craig Lambinon, sê die soek- en bergingsoperasie, gelei deur polisieduikers, duur voort. Hy sê gevorderde tegnologie en soektegnologie word […]
# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê dokter Chontrelle Willemse is betrokke by navorsing om kanker te fnuik. Haar jongste navorsing behels die ontwikkeling van ‘n 3D-laboratoriummodel van die bloed-breinversperring. Willemse sê hulle het getoets hoe goed sekere middels die brein kan deurdring, en hoe seine wat deur verspreide kankerselle vrygestel word, die versperring kan […]
# Krieket: Harry Brook, wat vroeër vanjaar as Engeland se witbalkaptein aangestel is na die IKR-Kampioenetrofee, sal voortgaan om die span te lei in die komende tuisreeks teen Suid-Afrika. Engeland sal na verwagting drie eendagwedstryde en drie T20-wedstryde teen die Proteas speel, beginnende op 2 September in Headingley. Joe Root is slegs in die eendaggroep […]
# Altesaam 999 vermeende onwettige mynwerkers van verskillende nasionaliteite is in hegtenis geneem tydens die landswye Vala Umgodi-operasie in Julie. ‘n Polisiewoordvoerder Vincent Mukhathi sê hulle word aangekla van onder meer moord, poging tot moord, diefstal van minerale, en die onwettige besit van plofstof, vuurwapens en goud: