# Die Verenigde Nasies het sy waarskuwing herhaal dat sonder ‘n dringende en onbeperkte hulp, Gaza se reeds ernstige humanitêre krisis verder kan vererger. Van die 12 hulpsendings wat hierdie week deur koördinering met die Israelse regering moes funksioneer, is slegs vyf gediens. Vier is gekanselleer en drie is belemmer. Dit het die verspreiding van […]
Die nasionale federasie vir e-taxis doen ‘n beroep op die regering en die Departement van Vervoer om alle nie-voldoenende en kriminele elemente in die openbare vervoersektor uit te roei. Daar is ‘n voortdurende stryd tussen die taxi- en e-taxi-bedryf. Woensdag is ‘n e-taxibestuurder by die Maponya-winkelsentrum in Soweto doodgeskiet toe twee e-taxis aan die brand […]
# KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, sê sy regering bly daartoe verbind om te verseker dat Ithala Bank steeds kliënte dien, veral in landelike en onderbediende gemeenskappe. Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het beslis dat die magte van die terugbetalingsadministrateur, Johan Kruger, slegs beperk is tot die bewaring en terugbetaling van deposito’s en nie inmenging met […]
# Krieket: Australië het ‘n oorwinning met twee paaltjies oor die Proteas in die laaste T20-wedstryd in Cairns behaal en die reeks met 2-1 beklink. Glenn Maxwell se onoorwonne 62 het die Australiërs met 173 laat wen ondanks ‘n effense insinking teen die einde. Ondanks ‘n 50-tal deur Dewald Brevis kon Suid-Afrika nie hul totaal […]
# Rugby: Die Wallabies het ‘n tweede helfte-vertoning gelewer wat regoor die rugbywêreld weergalm het toe hulle ‘n 62 jaar lange droogte in Johannesburg gebreek het. Die Australiërs het die Springbokke in ‘n opwindende kragmeting met 38-22 geklop in die eerste Rugbykampioenskap-toets op Ellispark. Terwyl die Bokke met rustyd met 22-5 voorgeloop het, het die […]
# President Cyril Ramaphosa sal vandag die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Madagaskar bywoon. Die tema van die beraad is; Bevordering van Industrialisering, Landbou-transformasie en Energie-oorgang vir ‘n Veerkragtige SAOG. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die beraad fokus op die versnelling van streeksintegrasie, die versterking van industriële vermoë […]
# Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê hy het ingestem om Maandag met die Amerikaanse president Donald Trump in Washington te vergader. Dit volg op Trump se ontmoeting met die Russiese president Vladimir Putin in Alaska Vrydag. Beide leiers sê die vergadering was produktief en daar is vordering gemaak, maar geen ooreenkoms is bereik vir […]
# Eskom sê hy beplan om môre altesaam vierduisend-151-megawatt se opwekkingsvermoë in diens te herstel, in ‘n poging om netwerk-bestendigheid verder te versterk. Tussen 1 April en 14 Augustus het die onbeplande vermoë-verliesfaktor, wat die persentasie opwekkingsvermoë weerspieël wat weens onbeplande onderbrekings verlore gaan, verder afgeneem tot 28,14-persent. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê met […]