# Vier olifante is opgemerk naby Zutshwa in die Kgalagadi-streek in Botswana, net 70-kilometer vanaf die Kgalagadi-oorgrenspark op die grens met die Noord-Kaap. Dis die naaste waarneming aan die park in byna ʼn dekade. JP Smith van SANParke sê Botswana se Departement van Natuurlewe en Nasionale Parke het die waarneming bevestig, wat ʼn verskuiwing in […]
# Padwedlope: Die wêreldrekordhouer in die marathon vir vroue, Ruth Chepngetich van Kenia, is vir drie jaar geskors nadat sy erken het sy het ‘n verbode middel gebruik. Die 31-jarige is in Julie voorlopig geskors toe die Atletiek-integriteitseenheid ‘n ontwateringsmiddel in haar uriene gevind het in ‘n monster wat in Maart geneem is. Die eenheid […]
# ‘n Gewese ANC-parlementslid wat skuldig bevind is aan bedrog, Manyaba Rubben Mohlaloga, het sy tronkstraf van 20-jaar begin nadat hy gister by die Handelsmisdaadhof in Pretoria aangemeld het. Sy skuldigbevinding aan bedrog en geldwassery hou verband met ‘n onwettige toelaag van ses-miljoen-rand aan ‘n instelling met net ‘n mondelinge opdrag van die destydse uitvoerende […]
# Altesaam 427 verdagtes is gister tydens Operasie Shanela weens verskeie misdade in Pretoria-Wes en Pretoria-Sentraal gearresteer. Die verdagtes se misdade sluit in moord, poging tot moord, verkragting en gewapende roof. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 96 ongedokumenteerde buitelanders is ook aangekeer en aan immigrasie-owerhede oorhandig om gedeporteer te word:
# Die Stad Kaapstad sê van volgende maand af is oorspronklike gesertifiseerde identiteitsdokumente ‘n vereiste by alle lisensiekantore, kantore vir voertuigregistrasie en toetssentrums vir bestuurslisensies. Dis ‘n vereiste volgens die Nasionale Padverkeerwet. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê November is die besigste maand by kliëntedienssentrums en kliënte word aangemoedig om aanlynhernuwing van voertuiglisensies en […]
# Amerika se aangewese ambassadeur na Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê een van sy vernaamste take sal wees om besware oor te dra oor Suid-Afrika se geo-strategiese wegbeweeg van onverbondenheid na Amerika se mededingers soos Rusland, China en Iran. Hy het behoorlik onder skoot gekom tydens sy bevestigingsverhoor voor die Senaat se komitee vir Buitelandse […]
# Marriott International het kragte saamgespan met FoodForward SA om Suid-Afrika se dringende voedselonsekerheid te hanteer. Die vennootskap het daartoe gelei dat meer as 25 Marriott-vrywilligers van ses hotelle bokse met stapelvoedsel by FoodForward-fasiliteite in Kaapstad en Johannesburg verpak het. Elke boks van 20 kilogram voed ‘n gesin van vier vir ‘n maand, wat help […]