# Die Hooggeregshof in Pretoria het uitstel verleen in die familie van die voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n beslissing dat sy liggaam na Lusaka gerepatrieer moet word. Die familie se regsverteenwoordiger, Tembeka Ngcukaitobi, sê die partye het ingestem om die saak buite die hof te bespreek en […]
# President Cyril Ramaphosa het bevestig dat ‘n reëlingskomitee bestaande uit burgers vandag gekies sal word om die Nasionale Dialoog te lei. Ramaphosa het by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria gesê die dialoog sal teen die laagste moontlike koste aangebied word met koste-besparingsmaatreëls wat in werking gestel is. Hy het UNISA geloof dat hulle […]
# Sokker: Die huidige kampioen, Liverpool, begin die naweek die verdediging van sy Premierliga-titel op sy tuisveld, Anfield, teen Bournemouth. Liverpool span die middelveldspeler Florian Wirtz in, wat vir 2,3-miljard-rand gekontrakteer is, en die nuwe doelskieter, Hugo Ekitike. Liverpool is die gunstelling om sy kroon te behou, maar die tragiese dood van die Portuguese doelskieter […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het regstappe ingestel in die Hooggeregshof in Johannesburg om die voormalige uitvoerende hoof van die Johannesburgse Eiendomsmaatskappy, Helen Botes, tot misdadige direkteur te laat verklaar. Die organisasie verwys na haar beweerde nalatigheid in die bestuur van die Usindiso-gebou, waar minstens 76 mense in Augustus 2023 in ‘n brand gesterf het. […]
# ‘n Biotegnologie-onderneming in Londen, BioOrbit, ondersoek die moontlikheid om kankerbestrydende medisyne in die ruimte te laat vervaardig waar swaartekrag nie sal inmeng met die proses om die medisyne in behoorlike kristalle te omskep nie. Pasiënte kan dit dan self inspuit en sal nie hoef hospitaal toe te gaan en ure lank te wag vir […]
# Die leier van die DA, John Steenhuisen, het aangekondig dat Cilliers Brink die party se burgemeesterskandidaat in Tshwane gaan wees in volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing. Brink is verlede jaar met ‘n mosie van wantroue uitgedwing. Steenhuisen sê sy rekord bewys dat hy die stad kan omdraai, dienste kan herstel en werksgeleenthede kan skep. […]
# Cilliers Brink het die DA se benoeming aanvaar om die party se burgemeesters-kandidaat te wees in volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê hy is vasbeslote om die werk te voltooi wat onder die DA se leierskap begin is, met die doel om dienste te verbeter, korrupsie aan te pak en infrastruktuur te herbou. […]