# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het dokumente by die Gautengse Hooggeregshof ingedien om alle hangende sake oor die Nasionale Gesondheidsversekering op te skort. Dit is tot die Konstitusionele Hof president Cyril Ramaphosa se appèl aanhoor oor die bekendmaking van inligting wat gelei het tot sy besluit om die NGV-wetsontwerp te bekragtig, en kwessies […]
# Die Presidensie sê die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, generaal Rudzani Maphwanya se reis na Iran was nie goedgekeur nie. Tydens ʼn besoek aan Teheran, het Maphwanya en Iran se weermagbevelvoerder, Amir Hatami, volgens berigte hulle lande se gedeelde doelwit geloof om globale arrogansie en aggressiewe koloniale benaderings te beveg. Maphwanya het ook […]
# Die Presidensie sê die eerste nasionale konvensie van die Nasionale Dialoog-proses sal vandag en môre voortgaan, ten spyte daarvan dat sommige politieke partye en organisasies hul deelname onttrek het. Die DA, Vryheidsfront Plus, MK-party, die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu Legacy-stigting is onder diegene wat aan die konvensie onttrek het. Presidensie-woordvoerder […]
# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Sosiale Sekerheid het kommer uitgespreek oor onwettige maandelikse aftrekkings van begunstigdes se maatskaplike toelaes deur versekering- en begrafnismaatskappye. Slegs een toegestaande-aftrekking word per maand toegelaat, en begrafnispolis-aftrekkings word nie op kinder- en gestremdheidstoelaes toegelaat nie. ‘n Woordvoerder vir SAASA, Andile Tshona, sê die agentskap kan nie aftrekkings goedkeur sonder die […]
# Die Gautengse LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê versplintering in e-taxi-leierskap belemmer vordering met die oplossing van bedryfsgeskille. Tlabela het voor Maponya Winkelsentrum gepraat ná die dood van ‘n e-taxi-bestuurder en gesê die departement beplan om die sektor te formaliseer om deurlopende betrokkenheid te verseker en onwettige bedrywighede aan te pak. Sy […]
# Die vakbondfederasie Saftu sê hy gaan nie deelneem aan die nasionale dialoog wat vandag by die Universiteit van Suid-Afrika in Tshwane begin nie. Saftu sê die proses word beheer deur die regering, is nie deursigtig nie, en ignoreer die stemme van die werkers en die gemeenskappe. Asive Dyani van Saftu sê hy wil ‘n […]
# Die UDM het gister se moord op ‘n e-taxi-bestuurder by die Maponya Winkelsentrum in Soweto, veroordeel en beskryf as ‘n aanval op veiligheid en lewensbestaan in die vervoersektor. Yongama Zigebe van die UDM doen ‘n beroep vir dringende regeringsoptrede, asook optrede deur die SAPD en die Gautengse Vervoerdepartement om die voortdurende spanning tussen taxi’s […]
# ‘n Russiese afvaardiging het in Noord-Korea aangekom kort nadat die lande se leiers beloof het om samewerking te versterk. Die Russiese president, Vladimir Putin, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het Dinsdag telefonies gepraat voor Putin se ontmoeting met Donald Trump op ‘n beraad in Alaska, waar die Amerikaanse president gaan probeer om […]
# Rugby: Die Springbok-vroue se hoofafrigter, Swys de Bruin, sê hulle hoofdoel op die Wêreldbekertoernooi is om Suid-Afrika trots te maak. Hulle is vol vertroue na die onlangse oortuigende oorwinning oor Nieu-Seeland se Black Ferns-vyftiental. Die Bokke speel in Groep D teen Brasilië, Frankryk en Italië, met die voorste twee spanne wat deurdring na die […]