# Die GOOD-party sê die Wes-Kaapse veiligheidsplan van ʼn multimiljoen-rand werk nie. Die plan sou die moordsyfer oor ʼn tienjaartydperk met 50-persent verminder en geweld oor die algemeen verlaag. Daar was tussen Mei en Julie vanjaar meer bende-verwante massaskietvoorvalle as in dieselfde tydperk verlede jaar. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê in Julie alleen is […]
# Die vakbondfederasie Saftu sê dis nie ‘n daad van empatie om ongedokumenteerde werkers te huur nie, maar ‘n hartelose kapitalistiese taktiek om die hoogste wins te maak deur die mees weerlose mense uit te buit. Om ongedokumenteerde migrante aan te stel is ‘n misdaad en oortreding van die Immigrasiewet. Die woordvoerder van Saftu, Asive […]
# Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa hoop die vergadering tussen sy ampsgenote van Amerika en Rusland, Donald Trump en Vladimir Putin, sal ʼn proses begin wat tot vredesonderhandelinge lei. Trump en Putin ontmoet vandag in Alaska om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika bly betrokke by […]
# Build One South Africa vra die Departement van Vervoer om dringend die langverwagte regulasies vir die e-taxibedryf af te handel en regulasies vir die minibustaxi-bedryf te moderniseer. Dit volg op Woensdagaand se skietvoorval by die Maponya-winkelsentrum in Pimville, Soweto, toe ʼn e-taxibestuurder doodgeskiet en twee voertuie aan die brand gesteek is. ‘n BOSA-lid van […]
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, het maklik deurgedring na die halfeindronde van die Cincinnati Ope met ‘n oorwinning oor Felix Auger-Aliassime van Kanada. Die Italianer sal nou teen die Franse kwalifiseerder Terence Atmane te staan kom wat die Deen Holger Rune verslaan het om sy eerste ATP Meesters-een-duisend halfeindronde te bereik. In die […]
# Die GOOD-party sê hy gaan aan die nasionale dialoog deelneem om werkloosheid onder die jeug te bespreek omdat dit volgens hom maatskaplike bestendigheid bedreig. Die nasionale dialoog se eerste konvensie word vandag en môre in Pretoria gehou. Die party se jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê dit gaan baie meer kos om werkloosheid onder die jeug […]
# Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, waarsku die minibustaxi- en e-taxi-verenigings wat by die Maponya-winkelsentrum in Pimville, Soweto, bedrywig is, om hul geskille op te los deur platforms te gebruik wat die departement voorsien. Dit volg na Woensdagaand se skietvoorval by die winkelsentrum toe ʼn e-taxibestuurder vermoor en twee voertuie aan die […]
# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, sê die jongste kwartaallikse arbeidsmagopname bevestig dat die metro oor die afgelpe jaar aansienlike vordering gemaak het met werkskepping. Van die tweede kwartaal in 2024 tot die tweede kwartaal vanjaar, het Tshwane 71-duisend van die 83-duisend nuwe werkgeleenthede in Gauteng geskep. Die woordvoerder van die burgemeester, Samkelo Mgobozi, […]