# Die nieregeringsorganisasie, Whistleblower House,sê die Madlanga-kommissie moet seker maak fluitjieblasers word beskerm. Die kommissie wat bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in Suid-Afrika se regstelsel moet ondersoek, begin vandag. KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sal eerste getuig. Ben Theron van Whistleblower House het aan eNCA gesê indien fluitjieblasers beskerm word, sal straffeloosheid verminder […]
# Sokker: Die 15-malige kampioen, Real Madrid, het met tien spelers sy Kampioeneliga-veldtog op ‘n wennoot begin deur Marseille 2-1 te klop. Kylian Mbappé het twee strafdoele aangeteken, maar kaptein Dani Carvajal is afgestuur omdat hy Marseille se doelwagter, Gerónimo Rulli, met die kop gestamp het. Juventus en Borussia Dortmund het met vier-elk gelykop gespeel. […]
# Die regering doen ‘n beroep op alle kwalifiserende studente om aansoek vir befondsing van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vir volgende jaar aansoek te doen. Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nomusa Dube Ncube, het gister die aansoekproses in Pretoria van stapel gestuur. Die regering se woordvoerder, Themba Mazibuko, sê die aansoekproses […]
# Die Stad Kaapstad se Veiligheids- en Sekuriteitsdirektoraat sê hulle het ‘n gesamentlike operasionele sentrum geskep om taxiroetes in Somerset-Wes en omliggende gebiede te monitor. Die Wes-Kaapse regering het verlede week die sluiting van sommige roetes tussen Khayelitsha, Lwandle, Mfuleni en Somerset-Wes vir 30 dae aangekondig. Dit volg na voortdurende spanning tussen taxi-organisasies. Die burgemeesterskomiteelid […]
# ActionSA het die Departement van Verdediging en Militêre Veterane gekritiseer oor reiskoste van meer as 20-miljoen-rand. Minister Angie Motshekga het in ʼn geskrewe antwoord op ʼn vraag in die Parlement ʼn uiteensetting gegee van hoe sy, haar twee adjunkte en ondersteuningspersoneel belastingbetalers se geld op 22 internasionale reise na Rusland, Angola, China, Saoedi-Arabië, Frankryk […]
# Johannesburg Water sê die Alexanderpark-reservoir en die Berea-waterstelsel bly onder druk weens volgehoue groot aanvraag. Die metro staar ʼn waterkrisis in die gesig en onwettige waterverbindings dra grootliks hiertoe by. Johannesburg Water se woordvoerder, Pheladi Ramatshila, sê hulle monitor reservoirs, ook in Alexandra, om die beste verspreidingsvlakke te verseker: