# ‘n Navorsingspan van die Universiteit van Johannesburg het ‘n watersekerheidprojek in Buysdorp, Limpopo, begin. Dit beoog om die manier te hervorm waarop gemeenskappe dink aan hul waardevolste hulpbron, dit te toets en bewaar. Buysdorp is ‘n erfenis-nedersetting wat voortdurend waterskaarste ondervind. Die navorser Lee-Ann Sade Modley sê afgesien van die toets van water, bepaal […]
# Ruby Davies van die Nelson Mandela-universiteit is een van sewe meestersgraadstudente landwyd wat die Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekenning se DSTI–Dr Ivy Matsepe-Casaburri-beurs ontvang het. Die beurs vier uitsonderlike vroulike wetenskaplikes wat wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde in Suid-Afrika en buite sy grense bevorder. Davies se navorsing ondersoek hoe nektar-roof ‘n invloed het op bestuiwersgedrag, […]
# Die DA-raadslid October Haarvoor is verkies tot nuwe onderburgemeester van Beaufort-Wes. Die posisie was vakant sedert die vorige waarnemende onderburgemeester, Gina Duimpies, tot burgemeester verkies is. Die leier van die DA in die Wes-Kaap, Tertuis Simmers, sê Haarvoor is verlede jaar as raadslid vir Wyk 1 verkies en het sy gemeenskap met trots gedien:
# Slagoffers van Jeffrey Epstein steun ‘n tweeledige voorstel om al die lêers oor die ontslape veroordeelde seksoortreder vry te stel. Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se Oorsigkomitee het Dinsdag 33-duisend bladsye en verskeie video’s oor hom openbaar gemaak. Die meeste van die lêers is egter reeds in die openbare domein. ‘n Slagoffer, Lisa Phillips, […]
# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus het Jesse Kriel aangewys as kaptein vir Saterdag se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Nieu-Seeland, met Siya Kolisi op nommer 8. Eben Etzebeth keer terug na die beginspan vir sy 136ste toets, met Ruan Nortjé sy slotmaat. Pieter-Steph du Toit is terug op flank. Die enigste verandering in die agterlyn is die heelagter […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Toerisme sê hulle win regsadvies in oor die ontbinding van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het haar besluit om die raad te ontbind, verdedig en onwettige gedrag, prosedurele oortredings en roekelose finansiële bestuur as gronde vir ingryping aangehaal. Die minister word egter beskuldig dat […]
# Die Stad Tshwane sê hy open vandag openbare swembaddens vir die lenteseisoen. Die swembaddens is in 2024 weens waterskaarste gesluit. Die metro het beplan om hulle reeds Maandag te heropen, maar weens ‘n vertraging met die aflewer van chloor, moes die tyd verskuif word. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landbou, Obakeng Ramabodu, sê […]