# Dokters Sonder Grense sê hy is bekommerd oor die aanhoudende en stelselmatige fisiese blokkering van buitelanders se toegang tot gesondheidsorg, veral in Gauteng en KwaZulu-Natal. Lede van Operation Dudula het die afgelope paar maande buitelanders verhoed om behandeling by staatsgeriewe te ontvang. Claire Waterhouse van Dokters Sonder Grense het aan Newzroom Afrika gesê teen-immigrante […]
# Die MK-party doen ʼn beroep dat Gayton McKenzie as minister van Sport, Kuns en Kultuur verwyder word. Plasings op sosiale media van meer as ʼn dekade gelede word aangehaal waarin McKenzie na bewering neerhalend van swart mense praat. Die minister hou vol die rassistiese plasings is met kunsmatige intelligensie geskep en nie sy eie […]
# President Donald Trump van Amerika het Washington DC se polisiedepartement onder regstreekse federale beheer geplaas en soldate van die Nasionale Wag na die land se hoofstad ontplooi. Hy sê dis om orde in die stad te herstel en beskryf dit as een van die wêreld se gevaarlikste stede. Dit ten spyte daarvan dat geweldsmisdaad […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 12 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Presidensie het bevestig dat die opening van die Nasionale Dialoog op 15 en 16 Augustus sal plaasvind, wat formeel ‘n grondwetlik verpligte proses van stapel sal stuur wat daarop gemik is om ‘n nasionale ooreenkoms vir transformasie te […]
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, het die Brit, Emma Raducanu, naelskraaps geklop om die Cincinnati Ope se vierde ronde te haal. Die wêreld-nommer-vier takel Jessica Bouzas Maneiro in die ronde van 16 nadat die Spanjaard die Amerikaner, Taylor Townsend, verslaan het. Iga Swiatek van Pole het die ronde van 16 gemaklik […]
# Lede van die Europese Parlement sê geen vrede kan sonder die volle deelname van Oekraïne se demokraties verkose leierskap en die ondersteuning van sy mense bereik word nie. President Donald Trump van Amerika ontmoet Vrydag sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, om ʼn moontlike skietstilstand te bewerkstellig. Lede van die Europese Parlement sê enige ooreenkoms […]
# Die DA-leier John Steenhuisen het die ANC se plan om die regering van nasionale eenheid te vergroot en meer politieke partye in te sluit, gekritiseer en sê dis teenproduktief. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het verlede week besluit om nog partye te nooi om by die koalisie aan te sluit en sê dis […]