# Twee studente van die Walter Sisulu-universiteit, het 25-duisend-rand ontvang na hulle as een van die top 15 finaliste in die MTN ENACTUS-digitale innoveringsuitdaging gekwalifiseer het. ‘n IT-gegradueerde, Philasande Mathafeni, en sy sakevennoot, ‘n derdejaar-student in Menslike Hulpbronbestuur, Thulisiwe Matyobeni, het ‘n billike handel netwerkmarkplatform geskep. Die selfoontoepassing help kleinboere om toegang te kry tot […]
# Die polisie sê Operasie Shanela sorg steeds vir deurbrake in die stryd teen misdaad. Tussen 4 en 10 Augustus het gekoördineerde operasies in al nege provinsies tot die inhegtenisneming van 16-duisend-571 verdagtes gelei waarvan 138 vir moord was. Daar is beslag gelê op 24 vuurwapens en 52 gesteelde en gekaapte voertuie is teruggevind. ʼn […]
# Die Vereniging vir Staatsamptenare sê hulle is bekommerd oor die vlak van roekeloosheid, misdadigheid en gebrek aan behoorlike bestuur by die Staatspensioenagentskap. Die vereniging sê hulle is bewus van opdragte wat uitgereik word vir die vooruitbetaling van 11,9-miljoen-rand vir die verkryging van dienste, terwyl die agentskap tans geen wetlike verpligting het om so ‘n […]
# Die Alexforbes Battle Boards nasionale aanlyn skaaktoernooi was ʼn reusesukses met Curro Durbanville Hoërskool in die Wes-Kaap wat as nasionale kampioene gekroon is. Sestien skole het vanjaar na die nasionale ronde deurgedring met 224 aanlyn kragmetings die laaste naweek. Paarl Boys High in die Wes-Kaap was tweede en Queens College Boys High School in die Oos-Kaap derde. Alexforbes […]
# Judges Matter sê hoofregter Mandisa Maya se nuwe Beleid oor Seksuele Teistering vir die regbank is ʼn stap nader aan veilige howe. Volgens die nuwe beleid sal daar geen verdraagsaamheid teenoor seksuele teistering wees nie. Aanspreeklikheid word verseker deur tugoptrede, ʼn veilige werksplek en ʼn aanmeldingstelsel wat vertroulik en regverdig is en slagoffers teen […]
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die Stellenbosch-munisipaliteit om dringend aandag te gee aan infrastruktuuropgraderings in Rustenbergstraat, Idasvallei wat lank reeds uitstaande is. Dit volg na ‘n ernstige rioolstorting wat die gesondheid en veiligheid van ‘n gesin in gevaar gestel het. Marius van Stade van GOOD sê die Rustenbergstraat rioolpyp verstop […]
# Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die landbousektor word bedreig deur die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale Hulpbronne. Die wetsontwerp se doel is om belangrike regulatoriese gapings aan te spreek, lisensiëringsprosesse te vereenvoudig en billike verspreiding van mynvoordele te verseker. Bennie van Zyl van TLU SA sê die wyer toekenning van kleinskaalse en […]