# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê sy komende reis na Amerika val saam met die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, waar gesprekke sal fokus op handel en tariewe. Lamola het met SABC News gepraat tydens die Thabo Mbeki-stigting se dialoog en beklemtoon al duur gesprekke met Amerikaanse belanghebbendes voort, moet […]
# Die DA sê die besluit van die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om voedselbankbedrywighede te sentraliseer, het voedselonsekerheid vererger en duisende mense ly nou honger. Die DA-lid, Refiloe Nt’sekhe, sê desentralisering was beter met 288 organisasies sonder winsoogmerk en vyf streeksbanke. Nt’sekhe is bekommerd omdat ‘n kwartaallikse verslag getoon het slegs 34-duisend-114 pakkies is […]
# Die Britse minister van Verdediging, John Healey, sê die Verenigde Koninkryk en sy bondgenote is gereed om Oekraïne te ondersteun voor onderhandelings om die oorlog te beëindig, sowel as om ‘n uiteindelike vredesooreenkoms te verseker. Hy het aan die BBC gesê Oekraïne se bondgenote sal help om die lugruim, see en land te beveilig […]
# ActionSA het gevra vir ‘n dringende debat oor Suid-Afrika se werkkrisis. Die sluiting van ArcelorMittal se langstaalaanleg bedreig drie-duisend-500 poste, terwyl afleggings by Ford, Goodyear, Glencore, en Merafe duisende werkers raak. Michael George van ActionSA moedig die Parlement aan om ministers, vakbonde, bedryfsleiers, en betrokke werkers te betrek, wat ingrypings moet bespreek wat energiehervormings, […]
# ActionSA het die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, versoek om die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Sithembiso Zungu, te skors. Dit volg nadat die Valke onthul het hy het voordeel getrek uit City Dev, gekoppel aan ‘n Lehae-behuisingsprojek. Zungu het na bewering geld ingevorder, wat eintlik beskermingsfooie is, en daar is bewyse van […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê ‘n oorwinning oor die All Blacks in Auckland sal afhang van die span se geloof in homself op kritieke oomblikke. Jesse Kriel sal Suid-Afrika aanvoer in die Rugbykampioenskaptoets, met Eben Etzebeth en Willie le Roux, wat meer as honderd toetse op die kerfstok het, in die opdrafspan. Erasmus sê […]
# Die kommissie van ondersoek na die brand in die Usindiso-gebou sê Johannesburg se behuisingskrisis word veroorsaak deur armoede en te min bekostigbare behuising, nie net gekaapte geboue nie. Minstens 77 mense het in 2023 in die brand gesterf. Die kommissie, onder leiding van regter Sisi Khampepe, het 110 eiendomme ondersoek en bevind byna 80-persent […]