# Geteikende optrede teen uitheemse indringerspesies kan die risiko van uitwissing van spesies in die Europese Unie met tot 16-persent verminder. Altesaam drieduisend-759 spesies regoor die EU is onder druk of bedreig. Hiervan is 579 opgeteken as bedreigde spesies wat van gebiede buite hul natuurlike gebied ingebring is. Navorsers is van mening die Makaronesiese Eilande […]
# Iran se Weermag waarsku dat Israel en Amerika gaan betaal vir die aanvalle op sy kernaanlegte. Dit was deel van Israel se Operasie Rising Lion waarin die personeelhoof van Iran se Weermag, Mohammad Bagheri, en die leier van die paramilitêre Revolusionêre Wag, Hossein Salami, dood is. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, […]
# Die Stad Tshwane se nooddiensafdeling gaan vandag ‘n geleentheid vir Jeugmaand by die Soshanguve Crossing-winkelsentrum aanbied. Hulle wil daarmee bewustheid verhoog oor programme rakende brandgevare en ander winterkwessies. Die nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mnguni, sê bewustheid en programme oor brandgevare is die hoekstene van hul pogings om risiko te verminder:
# Die Klimaatgeregtigheids-koalisie sê oorlog is nie net ʼn menseregtekrisis nie, dis ook ʼn klimaatskrisis. Navorsing deur die Klimaat- en Gemeenskapsprojek toon koolstofvrystellings was in die eerste 60 dae van die konflik tussen Israel en Gaza in 2023 meer as die jaarlikse vrystellings van meer as 30 lande. Sonkrag wek sowat ʼn kwart van Gaza […]
# Die DA eis antwoorde nadat die derde oortreder wat verkeerdelik uit Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad vrygelaat is, weer aangekeer is. Dit het gebeur ondanks ʼn Hooggeregshof-bevel dat al drie gevonnisde oortreders in Pollsmoor se jeugsentrum aangehou moet word. Nicholas Gotsell van die DA sê hierdie geval ontbloot die groot mislukkings tussen Justisie en Korrektiewe Dienste:
# Die DA in Gauteng sê die provinsie se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het nog nie die moderne Tembisa-ouetehuis van 30-miljoen rand geopen wat plek het vir 59 beddens nie. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê baie bejaarde inwoners van Tembisa is sonder ‘n veilige blyplek weens dié gebrek aan optrede. Sy sê die departement […]