# Drie bewaringbestuur-studente van die Nelson Mandela Universiteit se George-kampus het by die Suid-Afrikaanse Natuurlewe-bestuursvereniging, SAWMA, se konferensie erkenning gekry. Elizabeth Kennedy Overton is vereer vir die beste PhD Speed Presentation vir: Spoorsny jagluiperds: kwantifiseer jagsukses deur ʼn oeroue spoorsnymetode. Die beste MSc Full Talk-toekenning is toegeken aan Yasmin Markides vir: Modelleer funksionele verspreidingsroetes na […]
# Justin Bieber, Sabrina Carpenter en Karol G is die hoofkunstenaars by die 2026 Coachella Valley-musiek- en Kunstefees by die Empire Polo Club in Indio. Dit is die eerste optrede vir al drie kunstenaars in die Kaliforniese woestyn. Carpenter sal Vrydag die verhoog betree, met Bieber en Karol G wat onderskeidelik Saterdag en Sondag as […]
# Die Vereniging vir Staatsamptenare stem saam met die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Mzamo Buthelezi, dat Suid-Afrika se staatsamptenare onderbetaal, oorwerk en afgestomp is. Die land het ongeveer 1,7-miljoen staatsamptenare. Claude Naicker van die vakbond sê die onlangse salarisverhoging van 5,5-persent vir staatsamptenare, hoewel dit bo inflasie is, vergoed nie voldoende vir jare […]
# ActionSA sê hulle ondersteun die gemeenskap van Overcome Heights, waar ma’s hulself gister aan die hekke van die Parlement vasgeketting het. Hulle het betoog teen die toename in bendegeweld op die Kaapse Vlakte en pleit by president Cyril Ramaphosa om op te tree. Die party vra dat die president ‘n noodtoestand op die Kaapse […]
# Die nieregeringsorganisasie, Whistleblower House,sê die Madlanga-kommissie moet seker maak fluitjieblasers word beskerm. Die kommissie wat bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in Suid-Afrika se regstelsel moet ondersoek, begin vandag. KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sal eerste getuig. Ben Theron van Whistleblower House het aan eNCA gesê indien fluitjieblasers beskerm word, sal straffeloosheid verminder […]
# Sokker: Die 15-malige kampioen, Real Madrid, het met tien spelers sy Kampioeneliga-veldtog op ‘n wennoot begin deur Marseille 2-1 te klop. Kylian Mbappé het twee strafdoele aangeteken, maar kaptein Dani Carvajal is afgestuur omdat hy Marseille se doelwagter, Gerónimo Rulli, met die kop gestamp het. Juventus en Borussia Dortmund het met vier-elk gelykop gespeel. […]
# Die regering doen ‘n beroep op alle kwalifiserende studente om aansoek vir befondsing van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vir volgende jaar aansoek te doen. Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nomusa Dube Ncube, het gister die aansoekproses in Pretoria van stapel gestuur. Die regering se woordvoerder, Themba Mazibuko, sê die aansoekproses […]