# Die Italiaanse modeontwerper Giorgio Armani is op 91-jarige ouderdom oorlede. Hy het in 1975 saam met sy vennoot Sergio Galeotti die luukse modehuis wat sy naam gedra het, gestig. Armani is as ‘n pionier beskou wat rooitapytmode verhef het tot wat dit vandag is. Die Armani-groep het hom as ‘n begeesterde dryfkrag beskryf. Die […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile lewer vandag ‘n virtuele hoofrede by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac se 30ste Jaarlikse Spitsberaad in Sandton. Die spitsberaad fokus op die bevordering van solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid in die ekonomie en op die arbeidsmark. Sake-, arbeids-, gemeenskaps- en regeringsvennote sal kyk na werkersolidariteit, geslags- en rassegelykheid, en klimaatsvolhoubaarheid […]
# Die DA in die Wes-Kaap dring aan op dringende optrede terwyl kindermoorde steeds toeneem in die provinsie. Volgens die party het 557 kinders tussen 2022 en verlede jaar hul lewens verloor weens geweldsmisdaad, met 197 wat net verlede jaar vermoor is. Gebiede wat die hardste getref word, sluit in Kraaifontein, Philippi-Oos, Delft, Nyanga en […]
# Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge sê die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, moet haarself skaam en nie besorg wees nie, oor die poste wat verlore gaan by maatskappye soos ArcelorMittal, Ford, en Goodyear. Die IRV blameer jarelange ANC-beleide, insluitende streng arbeidswette en minimumloon-reëls vir die groter werkloosheid. Hermann Pretorius van die instituut […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, sê die veredeling en waardetoevoeging van kritieke minerale moet ‘n meer volhoubare en inklusiewe groeimodel ondersteun. Lamola het tydens die B20-beraad in Sandton beklemtoon Suid-Afrika kan nie meer op ontginningskettings uit die verlede staatmaak nie. Hy het plaaslike beleggings en tegnologie-oordrag aangemoedig om werk te skep, ekonomieë […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom die Stad Johannesburg se besluit om sy omstrede verordening op privaat kringtelevisiestelsels te heroorweeg. Die verordening sou eienaars van eiendomme met privaat kameras gedwing het om jaarlikse fooie te betaal en toegang tot beeldmateriaal te verskaf. Die organisasie en die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging het regstappe gedoen en aangevoer die wet […]
# Rugby: Vyf spanne veg die naweek vir ‘n plek in die Curriebeker-kwarteindronde wanneer die laaste groepwedstryde plaasvind. Griekwas is bo-aan die punteleer, net vyf punte voor die vyfde-geplaasde Pumas, met Boland Kavaliers, die Leeus en Griekwas tussenin. Dit beteken ‘n bonuspunt-oorwinning vir die Pumas vanaand in Durban oor die Haaie, wat reeds uitgeskakel is, […]
# Rugby: Slegs een kwarteindplek is nog beskikbaar tydens die naweek se laaste groepwedstryde van die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Engeland. Suid-Afrika, die gasvrou, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Kanada en Ierland het reeds hulle plekke bespreek in die uitspeelronde. Australië en Amerika spook sake uit om te kwalifiseer uit Groep A. Die Springbokke speel Sondagmiddag hulle laaste groepswedstryd […]
# Childline South Africa is bekommerd oor die toenemende aantal minderjariges wat swanger raak. Die Oos-Kaapse regering het onthul meer as 100 kinders van tussen tien- en 14-jaar oud, en byna vyfduisend tieners tussen het April en Junie geboorte geskenk. Die polisie het sake aanhangig gemaak teen volwassenes wat daarvan beskuldig word dat hul minderjariges […]