# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê maatskaplike vennote wat deur die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad bymekaar gekom het, moet saam reageer om ekonomiese stabiliteit te beskerm en werkers en gemeenskappe bewaar te midde van skokke. Meth het tydens die opening van die NEDLAC-beraad in Sandton, Johannesburg, gepraat. Die minister sê […]
# Die minister van Arbeid en Indiensneming, Nomakhosazana Meth, sê die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad moet duidelikheid gee en hom opnuut verbind tot ‘n oplossing vir die krisis van die hoë werkloosheid. Meth het met die opening van die Nedlac-beraad in Sandton, Johannesburg, gesê die werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal vanjaar van 32,9-persent […]
# Vier gewese lede van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad sleep die minister van Toerisme, Patricia de Lille, hof toe nadat sy die raad ontbind het weens bewerings van onreëlmatighede en finansiële wanbestuur. De Lille het voor die Portefeuljekomitee oor Toerisme in die Parlement verskyn om haar besluit te verduidelik. Sy het ses tussentydse lede aangewys om […]
# Die burgerregtegroep AfriForum vra ‘n nasionale ondersoek na die polisie se betrokkenheid by veediefstal. Dit volg ná die inhegtenisneming van Konstabel Siyabonga Cindi van die veediefstaleenheid op Standerton, wat beskuldig word van die diefstal van beeste ter waarde van 450-duisend-rand. AfriForum het vorige veroordelings en inhegtenisnemings aangehaal van polisiebeamptes wat met veediefstal verbind word. […]
# Die drukgroep Rethink Your Drink en die DG Murray-trust vra die regering om stappe te doen teen die toename in Fetale Alkohol-spektrumsindroom in die land. Kashifa Ancer van Rethink Your Drink sê Suid-Afrika het die hoogste koers van fetale alkohol-spektrumsindroom ter wêreld. Sy sê een uit elke 12 kinders word geraak. Sy sê dit […]
# Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe sê die 30-persent Amerikaanse invoertarief vererger die druk op die sukkelende staalsektor. Die bemarkingsbestuurder, Nuraan Alli, het by die Rand Mutual Assurance Prevention Conference in Durban, KwaZulu-Natal, gesê produksie het verlede jaar met 1,4-persent gedaal en 2023 se wins omgeswaai. Sy waarsku die tarief beïnvloed alle uitvoerders […]
# Die strategieleier van The Green Connection, Liz McDaid, sê die regering en Shell gaan appeleer teen die bevel van die Hooggeregshof wat die regering se goedkeuring om aflandige-olieboorwerk langs die Suidweskus in Blok vyf-sewe tersyde gestel het. Die regsadviseur, Shahil Singh, beskryf die besluit as ‘n groot oorwinning vir klimaatsgeregtigheid, kusgemeenskappe en kleinskaalse vissers. […]
# Die Activists and Citizens Forum sê President Cyril Ramaphosa se plan om die Madlanga-kommissie van ondersoek aan te stel ná KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, generaal Ntlantla Mkhwanazi, se bewerings in Julie, is ‘n vertragingstaktiek om die waarheid te onderdruk. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê hy is nie verbaas óf geskok oor die skielike struikelblokke […]