# Die Vryheidsfront Front Plus in Gauteng sê hy sal hom aanhou beywer vir skole, leerders en ouers in die provinsie om hulle te beskerm teen magsmisbruik en swak bestuur. Die party sê die Ekurhuleni-munisipaliteit het verlede week begin om 98 skole in die metro se krag af te sny sonder vooraf-kennisgewing of raadpleging. Anton Alberts […]
# Die Staatsdienskommissie het aanbeveel dat alle staatsdepartemente jaarliks rekords van siekteverlof oudit om voorvalle van werkers se oormatige gebruik en misbruik daarvan te identifiseer. ‘n Verslag deur die kommissie toon die koste van siekteverlof in die Staatsdiens het gestyg van agt-miljard-rand in 2020 tot 10,1-miljard rand in 2023. Gauteng se koste vir siekteverlof was […]
# Die G7-lande se leiers het hulle eenparige ondersteuning vir Israel herhaal en gevra dat vyandelikhede in die Midde-Ooste afgeskaal word. In Iran is minstens 224 mense dood sedert die konflik vyf dae gelede begin het terwyl 24 in Israel gesterf het. Die G7-lande het Iran veroordeel omdat die land volgens hulle die hoofbron van […]
# Studente en inwoners van Kaapstad het aan die 2025 City Nature Challenge deelgeneem om meer as drieduisend-500 spesies in stedelike en mariene ruimtes aan te teken. Die deelnemers het 36-duisend waarnemings aangemeld, wat van kelpwoude tot stadstuine insluit en wat die metro 12de wêreldwyd plaas. Die geleentheid waarin die publiek by wetenskap betrek word, […]
# Die Wits-universiteit het 22-miljoen-rand se noodbefondsing onmiddellik beskikbaar gestel om nagraadse studente en belangrike navorsingspersoneel in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe te ondersteun. Dit volg nadat die Amerikaanse regering internasionale navorsingsbefondsing vir die mediese veld onverwags gestaak het. Wits sê hierdie fondse sal sowat 75 nagraadse studente in staat stel om hul graad te voltooi, en […]
# Gholf: Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, is die eerste speler wat outomaties gekwalifiseer het vir kaptein Luke Donald se Span Europa vir vanjaar se Ryder-beker. McIlroy, van Noord-Ierland, het sy plek verseker danksy vier oorwinnings sedert die Europese puntelys in Augustus geopen het. Hy sal in sy agtste agtereenvolgende tweejaarlikse Ryderbeker-kompetisie speel. Die toernooi […]
# Die Universiteit van Pretoria se visekanselier en rektor, professor Francis Petersen, sê Suid-Afrika se konstante hoë werkloosheidsyfer is ʼn uitdaging wat in alle sektore dringend moet aandag kry. Die land het in 2024 die hoogste werkloosheidsyfer van 32-persent uit al die G20-lande gehad. In die vierde kwartaal verlede jaar was gegradueerdes se werkloosheidskoers laer op […]
# Die Stad Kaapstad sê die getal biblioteke wat aan vanjaar se skaaktoernooie deelneem, het meer as verdubbel met 66 wat reeds ingeskryf het teenoor verlede jaar se 32. Die jaarlikse geleentheid staan bekend as chess@libraries met mini-toernooie in aanloop tot die eindronde in Oktober. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê die […]