# Die Stad Kaapstad sê die Wetstoepassingshulpdiens, wat meer as ‘n dekade gelede ontstaan het, is nou ‘n integrale deel van die department se openbare veiligheidsplan. Honderde vrywilligers werk elke maand as lede van die diens. Die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die beamptes werk minstens 16 uur per maand onder toesig […]
# Rugby: Die hulpafrigter van die Springbok-vrouespan, Franzel September, sê hulle is trots en verlig nadat hulle die Rugby Afrika-Vrouebeker in Madagaskar ingepalm het. Die Bok-vroue het oorheers met oorwinnings oor Uganda, Kenia en die gasvroue om die toernooi onoorwonne af te sluit. September het die nuwelinge geprys dat hulle die groot oomblik suksesvol hanteer […]
# Die DA het die Parlement se Portefeuljekomitee oor Vervoer gekritiseer omdat hy die geskorste uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, tydens ‘n spesiale sitting ‘n spreekbeurt gegee het. Die DA-lid, Thami Mabhena, beweer die voorsitter van die komitee, Selelo Donald Selamolela, het hierdeur behoorlike toesig ondermyn en ‘n politieke sirkus veroorsaak. Hy sê […]
# Die EFF het sy diepe meegevoel betuig na die dood van 12 van sy lede in vanoggend se botsing naby Vryheid in KwaZulu-Natal. Die slagoffers was op pad terug van die party se 16 Junie-byeenkoms in Umlazi. Die EFF beskryf hulle as revolusionêre helde wat die nalatenskap van 1976 se jeug vereer het. Verskeie […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het verskoning gevra vir haar uitsprake na haar nederlaag teen die Amerikaner Coco Gauff in die eindstryd van die Franse Ope. Die 27-jarige het aan die media gesê dit was die swakste eindstryd wat sy nog ooit gespeel het. Volgens haar het Gauff nie gewen omdat sy […]