# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz is deur na die ronde van 16 by Queens Club. Die Spanjaard het die Australiër Adam Walton geklop vir ‘n kragmeting teen sy landgenoot Jaume Munar. Die Amerikaner Taylor Fritz, wat pas die Stuttgart Ope gewen het, is deur Corentin Moutet van Frankryk in drie stelle verslaan. […]
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê ʼn raadslid van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en tans EFF-parlementslid skuld die munisipaliteit 92-duisend-rand. Dit volg na ʼn oorbetaling tydens hul ampstermyn. Virgill Gericke is verkeerdelik 164-duisend-213-rand betaal as gevolg van ʼn portefeuljeverandering wat nie betyds aan die Finansiële Departement gekommunikeer is nie. Ashwill Oktober van GOOD sê ʼn dienende […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns het hulle veldtog in die Klub-Wêreldbekertoernooi afgeskop met ‘n oorwinning van 1-0 oor Ulsan HD van Suid-Korea in Orlando, Florida. Iqraam Rayners se doel in die 36ste minuut en doelwagter Ronwen Williams wat twee doelskietpogings gefnuik het, het die oorwinning aan die huidige PSL-kampioen besorg. Sundowns is nou bo-aan Groep F […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die finale besluit om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit, word nog deur die kabinet verwerk. Die Parlement het die ambassade in 2023 afgegradeer weens Israel se voortdurende besetting van Palestynse gebiede. In reaksie op mondelinge vrae Dinsdag in die Nasionale Raad van […]
# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê dis belangrik om maksimum […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 18 Junie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die miljardêr Elon Musk se Starlink het aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau gesê hulle sal sowat vyfduisend landelike skole in Suid-Afrika op hulle netwerk verbind as deel van die voordele wat die land sal […]