# Die vakbond Solidariteit vra president Cyril Ramaphosa om self in te gryp om waarna verwys word as ‘n dreigende bloedbad van werksverliese te verhoed. Solidariteit sê bykans 250-duisend poste word bedreig nadat groot maatskappye, insluitend Glencore, ArcelorMittal en Goodyear, kennis gegee het van afleggings. Die adjunkhoofsekretaris, Willie Venter, sê wêreldwye druk en regeringsfoute, soos […]
# Die Padverkeersbestuurskorporasie het motoriste gewaarsku teen swaar verkeer op die N1 en N3 hierdie naweek as gevolg van groot godsdienstige pelgrimstogte en feeste. Die N1-noord sal besig wees met pelgrims wat na Moria in Limpopo reis vir die Zion Christian Church se byeenkoms, terwyl die N1-suid besige toestande kan verwag op pad na die […]
# Reaction Unit South Africa het vier negejarige seuns in Hazelmere, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat ‘n vroue-inwoner hulle gisteroggend betrap het waar hulle by haar huis inbreek. Die seuns word in voorlopige ondersoeke verbind met ‘n reeks plaaslike inbrake by huise en snoepwinkels, met gesteelde goedere wat selfone, kontant en elektronika insluit. Owerhede ondersoek […]
# Die Kabinet het nuwe treinoperateurs op Transnet se spoornetwerk verwelkom om vragdoeltreffendheid te verbeter en ekonomiese te verbeter. Die nuwe operateurs sal 41 roetes in ses korridors bedryf vir die vervoer van steenkool, chroom, ystererts, mangaan, vraghouers, brandstof en suiker. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die operateurs sal na verwagting van […]
# Die gewapende vleuel van die Palestynse militante groep, Hamas, het vandag videomateriaal vrygestel wat oënskynlik twee lewende gyselaars wys wat gevange geneem is gedurende die aanval van 7 Oktober 2023 op Israel. Die videos is laat verlede maand in Gaza-stad geneem en wys ‘n gyselaar in ‘n motor wat deur ‘n woonbuurt met verwoeste […]
# ‘n Man is vanoggend kort voor 10-uur by die Athlone-landdroshof in Kaapstad doodgeskiet. Die slagoffer is geskiet toe hy uit die gebou gestap het. Die polisie is op die toneel en het met die ondersoek begin. Die motief is nog nie bekend nie. Die hof is intussen vir die res van die dag gesluit. […]