# Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê ondanks sy straf op die wegspringrooster, is hy vuur en vlam vir die naweek se Italiaanse Grand Prix. Dit is sy eerste wedren in Monza vir Ferrari. Die Brit is in verlede naweek se Nederlandse Grand Prix met vyf plekke gestraf vir ‘n geelvlag-oortreding. Hamilton, wat Ferrari […]
# Forum for South Africa kritiseer AfriForum en Saai se oproep vir internasionale sanksies teen EFF-leier Julius Malema. Dit gaan oor die liedere wat hy sing, veral Kill the Boer. AfriForum beplan om later vanjaar ʼn afvaardiging na Europa te stuur om ondersteuning te werf vir geteikende sanksies teen Malema. Die forum se leier, Tebogo […]
# Die Stad Kaapstad sê 104 geleenthede wat in Augustus aangebied is, het ekonomiese aktiwiteite van sowat 200-miljoen-rand vir die metro ingebring. Dit sluit in rugby, rolprente en leefstylfeeste wat sowat 250-duisend mense, insluitend toeskouers en deelnemers, getrek het. Die Rugbykampioenskap-wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Augustus het die grootste skare getrek met 62-duisend ondersteuners […]
# Die Stad Tshwane sê hy gaan voort om aan die onderhoud en infrastruktuur in openbare ruimtes in Streek 4 voorkeur te gee deur die Geïntegreerde Bestuursplan. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê stormwaterkanale in Valhalla en Olievenhoutbosch is skoongemaak en word onderhou om die gevaar van oorstromings in die komende […]
# PepsiCo South Africa en Polyco het ‘n vennootskap gevorm om vroulike herwinners in Pinetown, KwaZulu-Natal, te borg deur die Dignity Foundation en die Supa Mama Women in Recycling-inisiatief. Dit bied finansiële ondersteuning en hulpmiddels soos herwinningstrollies en waardigheidpakkies om die omstandighede waaronder hulle werk te verbeter en moontlike inkomste vir die vroue te verseker. […]
# Die Good-party het die aanstelling van Sarah Helena Roberts as die Wes-Kaap se nuwe Kommissaris vir Kinders verwelkom Die kantoor val onder die Wes-Kaapse Wet op die Kommissaris vir Kinders van 2019 en is verantwoordelik vir ondersoeke en ondersteuning aan rolspelers van die regering. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Roberts beskik oor die […]
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane eis ‘n dringende ondersoek na die geheimsinnige verdwyning van vier vesoekskrifte wat die party by ‘n raadsvergadering in Mei voorgelê het. Die vier hou verband met kragonderbrekings in Wyk 55, die openbare swembad in Hillcrest, onwettige geboue in Wyk 98, en ‘n versoek om Centurion tot rampgebied te verklaar […]
# Die DA in Gauteng sê die Gesondheidsdepartement het duisende sakeondernemings in gevaar gestel deur sy onvermoë om fakture van meer as 5,1-miljard-rand binne die vasgestelde 30 dae te betaal. Die departement het in die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar 1,621-miljard-rand binne die vasgestelde 30 dae betaal en 2,447-miljard-rand ná 30 dae. Madeleine Hicklin van […]