# ‘n Konsortium van nege Suid-Afrikaanse universiteite en vyf Europese vennote het die Suid-Afrikaanse meestersgraadkursus in Oseaanwetenskappe van stapel gestuur. Dit is ‘n ambiseuse inisiatief wat beloof om nagraadse opleiding in Oseaanwetenskappe oral in Afrika te transformeer. Graduandi sal vaardighede ontwikkel in probleemoplossing, skryfwerk, kommunikasie, datahantering, spanwerk, ondernemerskap, projekbestuur en fondsinsameling. Aansoeke vir die eerste […]
# Die Madlanga-kommissie sal nie op 1 September kan begin met sy ondersoek na bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel nie. Dit word daaraan toegeskryf dat die Department van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling probleme ondervind met die verkryging van noodsaaklike infrastruktuur. Die voorsitter, regter Mbuyiseli Madlanga, sê dit is betreurenswaardig dat ’n […]
# Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die staat se gebrekkige vermoë om die bek-en-klouseer-uitbreking doeltreffend te beheer. Die siekte is in minstens vier provinsies aangemeld. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê die beweging van lewende hawe sonder behoorlike beheermaatreëls vererger die situasie terwyl ekonomiese druk op boere toeneem. Hy sê die huidige […]
# Fietsry: Agtien fietse ter waarde van sowat vyf-miljoen-rand is uit ‘n vragmotor gesteel wat behoort aan die Nederlandse span Visma-Lease a Bike, wat tans aan die La Vuelta a España-tydren in Spanje deelneem. ‘n Woordvoerder sê die werktuigkundiges het daarin geslaag om die toerusting te bekom sodat die span vandag in die derde skof […]
# Motorsport: Die Mexikaanse renjaer, Sergio Pérez, en die Fin Valtteri Bottas gaan volgens berigte volgende seisoen by die Formule Een-nuweling, Cadillac, aansluit. General Motors is verlede jaar as ʼn elfde span toegelaat en het besluit om onder die Cadillac-handelsmerk deel te neem. Pérez is nie vanjaar by ʼn span nie nadat Red Bull hom […]
# Die Suid-Afrikaanse Hart- en Beroerte-stigting maak gereed om volgende maand Hartbewustheid-maand te vier wat ‘n hoogtepunt bereik met Wêreld-hartdag op 29 September. Vanjaar se tema is: Moenie ‘n hartklop mis nie. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is kardiovaskulêre siektes op 32-persent wêreldwyd die grootste oorsaak van sterftes. Dis opmerklik dat 85-persent van hierdie sterftes weens hartaanvalle […]
# Die DA bring vandag ʼn oorsigbesoek aan die Aktekantoor in Pretoria om te kyk na wat hy beskou as die ongrondwetlike rasseklassifikasie-vereistes vir oordrag van eiendomme. Mlindi Nhanha van die party sê die span sal bevindings van vorige oorsigbesoeke voorlê en ʼn omvattende bepaling van prosedures doen. Hy sê die DA eis regstellende maatreëls […]
# Die Tshwane-metropolisie het die naweek 28 dronk bestuurders aangekeer tydens verskeie operasies reg oor die metro. Sestien is in Streek Ses in Mamelodi in hegtenis geneem en twaalf in Garsfontein. Die metropolisie sê die optredes is gemik op die vermindering van padsterftes, terwyl dit opvoeding en bewustheid oor die gevare van bestuur onder die […]