# Die bekende Kaapstadse advokaat, Norman Arendse is aangestel as getuienisleier vir die Parlement se ad hoc-komitee wat die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings sal ondersoek. Arendse sal deur twee senior advokate bygestaan word tydens die sittings wat die week van 16 tot 22 September sal begin. Die komiteevoorsitter, Soviet Lekganyane, sê Mkhwanazi […]
# Die vooraanstaande insolvensieprokureur, Bouwer van Niekerk, is by die Smit Sewgoolam-regsfirma se kantore in Saxonwold, Johannesburg, doodgeskiet. Van Niekerk het bekendheid verwerf vir sy hantering by hoëprofielsake oor die sakeredding van maatskappye met Gupta-bande. Hy het die sakereddingspraktisyns verteenwoordig in hul regstryd teen instellings wat met die Guptas verbind word en was betrokke by […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, waarsku dat munisipale skuld aan Eskom tot meer as 100-miljard-rand gestyg het. Hy sê onwettige verbindings vererger die krisis. Die minister sê die regering is besig om ‘n verspreidingsagentskap-ooreenkoms te finaliseer, wat die opgradering van infrastruktuur insluit en inkomstestrome sal verseker. Hy sê die ooreenkoms sal […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet het twee wetsontwerpe vir die Parlement goedgekeur. Die Suid-Afrikaanse Regterlike Opleidingsinstituut-wetsontwerp sal die instituut wat regters oplei, herstruktureer, insluitend die aanstelling van ’n dekaan en die uitspel van die direkteur se rol, om die howe te versterk en regverdiger te maak. Die Besigheidlisensiëringwetsontwerp sal […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê geen beurtkrag word voorpel in Eskom se somervooruitsigte vanaf 1 September tot 31 Maart volgende jaar nie. Die stelsel het nou vermoë van 15-duisend megawatt, wat meer ruimte as die vorige drempels bied. Ramokgopa prys Eskom-prsoneel vir die ommeswaai, maar merk op sekere huishoudings sal […]
# Sokker: Bafana Bafana speel vanaand in Bloemfontein teen Lesotho in ‘n kritieke FIFA Wêreldbeker-kwalifiseerder. Bafana Bafana loop met 13 punte voor in Groep C, terwyl die Krokodille vyfde lê met 6 punte. Beserings in die span het veranderings genoodsaak, met Sipho Mbule wat Patrick Maswanganyi vervang. Thabo Moloisane staan in vir Ime Okon. Die […]