# Die EFF-leier Julius Malema sê sy party staan by Iran, ʼn land volgens hom onder beleg deur Westerse imperialisme omdat hy onafhanklikheid gekies het. Hy het Sondag by die begrafnis van sewe van die tien EFF-lede wat in ʼn busongeluk dood is, in Vryheid, KwaZulu-Natal, gepraat. Dit volg nadat Amerika die naweek Iran se […]
# Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu sê hy het positiewe reaksie van Suid-Afrikaners ontvang, wat belangstelling toon om ‘n nuwe politieke beweging in die land te stig. Hy het verlede Donderdag aangekondig hy gaan oor die komende maande verskeie gemeenskappe en groepe raadpleeg om te bepaal of hy sy eie politieke party […]
# Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê hulle het daarin geslaag om Iran se kernambisies uit te wis. Die Iranse Atoomenergie-organisasie sê die aanval op van die kernterreine was ‘n barbaarse skending van internasionale reg. Hegseth sê baie presidente het gedroom om die finale slag teen Iran se kernprogram toe te dien, en […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is senuweeagtig oor die VSA se toetrede tot die Israel-Iran-oorlog. Amerika het oor die naweek drie belangrike kernfasiliteite in Iran aangeval. Die operasie het 125 Amerikaanse militêre vliegtuie betrek, insluitend sewe B-2-Stealth-bomwerpers. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika het gehoop president Donald Trump gebruik sy invloed om die […]
# ActionSA sê hulle gaan vandag ‘n intensiewe landwye veldtog in Alexandra, Johannesburg, bekendstel, vir die herstel van plaaslike regering in Suid-Afrika. Die party sê die bekendstelling sal plaasvind in ‘n gemeenskap wat, soos baie ander regoor Suid-Afrika, verwaarloos en agtergelaat is. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê in die komende maande sal hulle dié veldtog […]
# Die Departement van Werkskepping en Arbeid sê administratiewe afwykings en ‘n poging tot bedrog deur die vennote van die Arbeidsaktiveringsprogram het toelaagbetalings vir deelnemers aan die indiensnemingsprogram vertraag. Die departementele woordvoerder, Teboho Thejane, sê ‘n oorsig deur die Werkloosheidsversekeringsfonds het geleenthede vir verbeterde administratiewe akkuraatheid uitgelig. Hy sê die WVF versterk sy hersieningsproses vir […]
# Die MK-party veroordeel wat hy bestempel as die “roekelose en onwettige” Amerikaanse militêre aanval op die Islamitiese Republiek van Iran se kernfasiliteite ten sterkste. Die party sê die brutale daad van aggressie, wat sonder VN-magtiging uitgevoer is, verteenwoordig ‘n skending van internasionale reg, soewereiniteit en die basiese beginsels van vrede, selfbeskikking en weerhouding. Die […]
# Die DA in Gauteng sê hulle verwerp die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se plan om voedselbanke te sentraliseer deur die verspreiding van voedselpakkies van 288 organisasies sonder winsbejag en vyf streeksvoedselbanke na ‘n sentrale voedselbank te verskuif. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê die plan om ‘n sentrale voedselbank te stig, volg nadat die […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het weer vir sy lede in skoolbeheerliggame landswyd gevra om die onwettige riglyne vir die instelling van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette te ignoreer. Dit volg nadat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, riglyne oor skooltale en toelatings vrygestel het. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê skoolbeheerliggame moet die […]