# Die Gautengse polisie soek na die verdagtes wat Sondag vyf misdaadvoorkomingsbewaarders in Daveyton, Ekurhuleni, in ‘n skietery gewond het. Die bewaarders was glo besig met die uitvoering van hul pligte toe ‘n groep mense weerstand gebied het, en ‘n skermutseling uitgebreek het. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê die bewaarders het ongeveer 12 mense gesien […]
# Die Hooggeregshof in Victoria het ʼn Australiese vrou, Erin Patterson, drie lewenslange vonnisse opgelê en sy mag eers na 33 jaar vir parool in aanmerking kom. Sy is in Julie skuldig bevind aan die moord op drie persone. Sy het in 2023 ʼn maaltyd van bief-wellington met giftige sampioene aan die ouers, oom en […]
# Tennis: Die 22-jarige Carlos Alcaraz het die Italianer, Jannik Sinner, verslaan en sy tweede Amerikaanse Ope-titel gewen. Die Spanjaard het ʼn veelsydige vertoning gelewer om sy groot teenstander te verslaan en sy sesde Grand Slam-titel op te raap. Alcaraz is die tweede jongste man naas Bjorn Borg wat in die Ope-era ses major-titels in […]
# Solidariteit het ʼn lastersaak teen die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, ingedien nadat sy die vakbond beskuldig het dat hy verkeerde inligting versprei. Dit hou verband met plaasmoorde en vermeende wit volksmoord in Suid-Afrika. In sy beëdigde verklaring wat by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien is, doen Solidariteit ʼn beroep op die hof […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Transnet het met die herwaardering van sy eiendomme en pypleidings sy netto verlies tot 1,9-miljard-rand vir die jaar tot einde Maart verminder. Die staatsonderneming kon egter nie daarin geslaag om ‘n wins te maak soos dit ‘n jaar gelede […]
# Rugby: Frankryk het nege drieë ingeryg vir ‘n bonuspuntoorwinning van 57-10 teen Suid-Afrika in Northampton om eerste in Groep D van die Vroue Wêreldbeker te eindig. Emilie Boulard en Joanna Grisez het vir Le Bleues beïndruk en elk twee drieë gedruk. Die skrumskakel Nadine Roos het die enigste drie vir die Springbok Vroue in […]