# Die Vereniging van Staatsamptenare het die amptelike opening van twee hipermoderne skole in KwaZulu-Natal verwelkom. Die skole is deel van die provinsie se voortgesette verbintenis om gehalte-opvoeding en moderne infrastruktuur te verskaf. Die woordvoerder van die vakbond, Claude Naicker, sê opvoeding gee stukrag aan ekonomiese groei, bevorder maatskaplike vooruitgang en verlig armoede en ongelykheid. […]
# Padwedlope: ʼn Rekord van 15-duisend deelnemers word Saterdag by vanjaar se 19de Totalsports-vrouewedloop in Kaapstad verwag. Dit is 20-persent meer as in 2024 toe 12-duisend drawwers weggespring het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê deelnemers sal eendragtigheid toon met PinkDrive, ʼn kankerbewustheidsorganisasie wat opvoeding, vroeë opsporing en toegang tot noodsaaklike dienste […]
# Aansoeke het geopen vir saamgestelde programme vir die 52ste Nasionale Kunstefees in Makhanda in die Oos-Kaap vir volgende jaar. Die programme bring van die land se opwindendste bekroonde talent byeen met globale werke en vernuwende werk in verskillende genres. Vanjaar se saamgestelde programme sluit Cape Ballet Africa se drieledige SALT, UK’s Action Hero se teaterstuk […]
# Meer as twee-duisend-400 gesinne van New Horizon in Pelicanpark betoog vandag teen die Stad Kaapstad se plan om uitbreidings aan hulle HOP-huise af te breek om plek te maak vir sypaadjies. Die metro het verlede maand ʼn 60-dae-kennisgewing uitgereik dat huiseienaars amptelike bouplanne moet laat goedkeur of regsaksie in die gesig staar. As deel […]
# Die Vryheidsfront Plus waarsku inwoners, veral dié in Ekurhuleni, om voorkomend op te tree te midde van die maseluitbreking in die metro. Altesaam 80 bevestigde gevalle is reeds aangemeld. Die VF Plus-woordvoerder, Jennifer Glover, sê die Gautengse Gesondheidsdepartement hou die situasie dop, maar voeg by ouers en voogde moet waaksaam bly en die nodige […]
# Die Stad Tshwane sê hy sal die sake van die 44 werkers wat afbetaal is hersien wanneer al die ondersoeke na aantygings teen hulle afgehandel is. Die werkers is lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie en is in 2021 afbetaal nadat hulle aan ‘n onwettige protesoptog oor salarisverhogings deelgeneem het. SAMWU eis dat die […]
# Die Stad Tshwane verwelkom die verwerping van ʼn dringende hofaansoek deur twee maatskappye wat vanuit die stad se geboue in Bloedstraat, Marabastad, handeldryf. Die ondernemings beweer hulle is onwettig uitgesit nadat die metro verlede maand krag en water na die geboue afgesny het. Die metro-woordvoerder, Selby Bokaba, sê hierdie beslissing is ʼn betekenisvolle mylpaal […]