# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Jane Graham-Maré, sê die skepping van Eskom Green sal ‘n nuwe hoofstuk in Suid-Afrika se elektrisiteitsverhaal inlui. Eskom Green sal een van die vier ontbondelde entiteite wees onder die kragvoorsiener se houermaatskappy, met die mandaat om die dryfveer te wees vir die berging van hernubare energie en […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, woon die week die tweede Afrika-klimaatberaad in Ethiopië by. Die beraad bied ʼn platform vir beleidmakers, praktisyns, sakeondernemings en die burgerlike samelewing om Afrika se klimaatagenda en volhoubare ontwikkelingsvoorkeure te bevorder. Vanjaar se tema is: Versnel globale klimaatoplossings: Finansiering vir Afrika se veerkragtige en […]
# Die GOOD-party doen ‘n beroep op die Stad Kaapstad om ‘n hofbevel oor die Dial-a-Ride-diens te gehoorsaam en toe te sien dat dié noodsaaklike diens vir alle inwoners ten volle operasioneel is. Die wes-Kaapse Hooggeregshof het die metro gelas om sy beplande besnoeiings aan die Dial-a-Ride-diens te staak totdat die hofsaak afgehandel is. Roscoe […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Elektrisiteit en Energie het kommer uitgespreek oor bewerings van ʼn bestuurskrisis by die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika. Die maatskappy is sonder ʼn funksionerende raad nadat vyf raadslede verlede week bedank het. Dit het plaasgevind nadat die raad nie ministeriële ondersteuning kon kry om die korporasie se uitvoerende hoof, Loyiso Tyabashe, te […]
# Motorsport: Max Verstappen van Red Bull het sy voorste wegspringposisie in die Italiaanse Grand Prix benut en daarmee vir die eerste keer sedert Mei eerste geëindig. Die McLaren-jaers, Lando Norris en Oscar Piastri, was onderskeidelik tweede en derde, met Charles Leclerc in die vierde plek vir Ferrari. George Russell van Mercedes het vyfde geëindig. […]
# Sterrekykers in talle wêrelddele, ook Suid-Afrika, het Sondagaand ‘n seldsame algehele maanverduistering, bekend as ‘n “bloedmaan”, waargeneem. Die skouspel van 82-minute – een van die langste in ‘n dekade – het afgespeel toe die Aarde tussen die maan en die son ingeskuif het en sy skaduwee op die maan se oppervlak geval het. NASA […]
# Die DA doen ʼn beroep op die regering om ʼn Kuber-kommissaris aan te stel terwyl kunsmatige-intelligensie-gedrewe slenters en digitale bankbedrog toeneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum het die aantal digitale bankbedrogsake tussen 2023 en 2024 verdubbel, met finansiële verliese wat van een-miljard- tot 1,4-miljard-rand toegeneem het. Glynnis Breytenbach van die DA sê Suid-Afrikaners verdien veiliger […]