# Die Wes-Kaapse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Jaco Londt, sê die Fountain of Hope intermediêre kinder- en jeugsentrum in Philippi is ʼn belangrike antwoord op ʼn voortslepende gaping in die land se kinderbeskermingstelsel. Die sentrum is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en bied verblyf en ondersteuning aan jongmense wat oorgaan van veilige sorg […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sal vandeesweek die 63ste jaarlikse sessie van die konferensie van die regsraadgewende organisasie vir Asië en Afrika, AALCO, in Uganda bywoon. Die organisasie bestaan uit 49 lande, wat Suid-Afrika insluit. Die ministerie se woordvoerder, Terrence Manase, sê Kubayi se deelname sal Suid-Afrika se verbintenis tot […]
# Dis vandag Internasionale Geletterdheidsdag waarop die belangrikheid van geletterdheid om ʼn meer geletterde, vreedsame en volhoubare samelewing te skep, beklemtoon word. Vanjaar se tema is: Bevorder geletterdheid in die digitale era. In 2024 het minstens 739-miljoen mense wêreldwyd nie oor basiese geletterdheidsvaardighede beskik nie. Terselfdertyd het vier uit tien kinders nie basiese leesvaardighede gehad nie. UNESCO […]
# Die Universiteit van Johannesburg, in samewerking met Absa Business Banking en Qhubeka Charity, het onlangs fietse geskenk aan 129 graad 11-leerders van Hanyani Secondary School buite Thohoyandou in Limpopo. Die fietsprojek spruit voort uit die universiteit se Maatskaplike Impakprojek om in infrastruktuur-behoeftes van inwoners in gebiede met min hulpbronne te voorsien. Die instelling se […]
# Die Suid-Afrikaanse popster Tyla het nog ʼn MTV Video-musiektoekenning ontvang op ʼn seremonie in New York. Sy het die Afrobeats-kategorie gewen vir haar treffer-enkelsnit, PUSH 2 START. Die 23-jarige sangeres het dieselfde toekenning verlede jaar vir haar treffer, Water, gewen. Lady Gaga het met vier toekennings weggestap, insluitend kunstenaar van die jaar en beste samewerking […]
# Gholf: Die tweede beste speler in die wêreld, Rory McIlroy, het die Ierse Ope vir die tweede keer ingepalm in ‘n dramatiese uitspeelstryd teen Joakim Lagergren van Swede. Die Ier het saam met Lagergren op 17-onder-baansyfer geëndig en het die uitspeelstryd toe by die derde ekstra putjie gewen. Dit was sy eerste oorwinning sedert […]
# Die Moja-navorsingsinstituut sê oudpresident Thabo Mbeki moenie toelaat dat die gewese president van die Demokratiese Republiek die Kongo, Joseph Kabila, hom as vredemaker en held voordoen nie. Mbeki en sy stigting het onder skoot gekom omdat hy verteenwoordigers van die Rwandees-gesteunde rebellegroep, M23, uitgenooi het na die tweede Afrika Vrede-en-sekuriteitsdialoog in Pretoria. Grant Harmse […]