# Kaapstad se grootste 24-uur-gemeenskaps-fietsry-uitdaging het meer as 930-duisend-rand vir die Vusa Rugby- en Leerakademie in Langa ingesamel. Die akademie verskaf akademiese ondersteuning, vroeë leerontwikkeling, rugby-afrigting en broodnodige psigo-maatskaplike sorg aan kinders van vier tot 13 jaar oud. Nicky Matthews van die instelling sê meer as drie-miljoen-rand is reeds in vyf jaar ingesamel met die […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het groot veranderings aan die span aangebring wat Saterdag in hul tweede Rugbykampioenskaps-wedstryd in Wellington teen Nieu-Seeland speel ná die nederlaag in Auckland. Dit sluit in ‘n nuwe skakelpaar – Cobus Reinach en Sacha Feinberg-Mngomezulu – ‘n nuwe senterpaar – Damian Willemse en Canan Moodie – ‘n nuwe vleuel, Ethan […]
# Rugby: Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het ‘n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De Bruin sê Frankryk […]
# Tennis: Carlos Alcaraz is die eerste keer sedert 2023 weer nommer een in die wêreld ná sy sege in die Amerikaanse Ope. Die 22-jarige Spanjaard het sy Italiaanse teenstander, Jannik Sinner, in vier stelle verslaan om sy tweede titel op Flushing Meadows en sy sesde Grand Slam-titel te buit. Sinner was 65 agtereenvolgende weke […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, heropen vandag die MR-310 wat Citrusdal met die N7-hoofpad verbind. Dit volg na ernstige vloedskade verlede jaar. Simmers sê herbouwerk is om humanitêre redes tot nood-herstelwerk verklaar. Hy sê die fokus was nie net om toegang te herstel nie, maar ook ʼn sterker pad te bou:
# Kanovaart: Span Suid-Afrika het twee brons- en twee silwermedaljes gewen op die marathon-wêreldkampioenskap in Hongarye. Keegan Vogt van Maritzburg College het silwer gewen in die K1-wedvaart en daarna met Ryley Smith saamgespan om die bronsmedalje in die K2-item op te raap. Andy Birkett het sy vierde silwermedalje in die mans se K1-wedvaart en negende […]
# Die DA in Gauteng sê die gemengde boodskappe van premier Panyaza Lesufi en die LUR vir Menslike Nedersettings, Tasneem Motara, oor die opgradering van plakkerskampe verwar inwoners. Lesufi het erken daar is ʼn skerp toename in plakkerskampe in die provinsie. Intussen spog Motara oor die suksesvolle opgradering van nege plakkerskampe deur die program vir opgradering van informele nedersettings. […]
# ‘n Navorser aan die Universiteit van Pretoria, Hanlie Smuts, sê die koste van die berging van die wêreld se toenemende donker data – data wat gebêre maar nooit gebruik word nie – laat ‘n beduidende koolstofvoetspoor. Datasentrums is wêreldwyd die oorsaak van sowat twee-persent van koolstof- of kweekhuisgas-vrystellings, wat na verwagting teen 2030 sal […]