# Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in die geskil tussen die ontslape Zambiese oudpresident, Edgar Lungu, se familie en die Zambiese regering. Die familie het ‘n uitspraak betwis wat Zambië toelaat om sy liggaam te repatrieer vir ‘n staatsbegrafnis. Die regsverteenwoordiger, Tembeka Ngcukaitobi, voer aan die weduwee se regte en Suid-Afrikaanse wetgewing moet […]
# Die Internasionale Strafhof het ‘n verhoor oor misdade teen die mensdom teen die voormalige Filippynse president, Rodrigo Duterte, tot verdere kennisgewing uitgestel terwyl regters sy geskiktheid vir verhoor evalueer. Duterte sou op 23 September voor die hof verskyn om die aanklagte aan te hoor oor sy jarelange veldtog teen dwelmgebruikers en -handelaars wat volgens […]
# Die plastiekherwinningsorganisasie, Polyco, het twee-miljoen-rand in Enviro Plastic Africa se herwinningsaanleg in Vereeniging in Gauteng belê, wat sy plastiekherwinningskapasiteit vyfvoudig verhoog. Die opgeknapte aanleg verwerk tans tot 100 ton plastiek per maand en vervaardig herwinde plastiek van ‘n hoër gehalte, wat afval verminder en minder rommel op stortingsterreine beteken. Polyco se woordvoerder, Chantal Philander, […]
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê tegnologie het ‘n verrykende uitwerking, vanaf die internet tot slimfone, elektriese voertuie en kunsmatige intelligensie. Hy het op die GovTech 2025 in Durban gesê dat vernuwings soos Wi-Fi en GPS ontstaan het uit sterrekunde, en die belangrikheid van digitale soewereiniteit en samwewerking beklemtoon. Nzimande […]
# Die DA sê die swartlysaansoek teen sakeman Edwin Sodi en Blackhead Consulting is steeds nie by die Nasionale Tesourie ingedien nie, ten spyte van bewyse van wangedrag in die Rooiwal-watersuiweringsaanleg-tender. Die party sê die aansoek, wat Sodi en sy medewerkers moes keer om sake met die regering te doen, het ‘n dooiepunt bereik onder […]
# Gholf: Die DP World-toerkampioene, Thriston Lawrence en Dylan Naidoo, sal aansluit by die sterk Suid-Afrikaanse groep vir vanjaar se Nedbank-uitdaagtoernooi wat van 4 tot 7 Desember op die Gary Player-buiteklub by Sun City gespeel word. Onder die Suid-Afrikaanse uitdagers is die PGA Toerwenner Aldrich Potgieter, die veelvuldige DP World-toernooikampioen Christiaan Bezuidenhout, en die Sonskyntoer […]
# South African Church Defenders is bekommerd oor die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, se opmerking dat mense wat beweer hulle hoor God se stem, vir sielkundige sorg verwys moet word. Godsdiensgroepe veroordeel haar opmerking as ‘n gevaarlike ontkenning van […]