# President Cyril Ramaphosa sê die buitengewone BRICS-leiersberaad vind op ‘n kritieke tyd plaas, te midde van wêreldwye ekonomiese en politieke onsekerheid. Ramaphosa het tydens die virtuele BRICS-leiersberaad gewaarsku toenemende handelsoorloë en eensydige tariewe benadeel ontwikkelende lande, insluitend Suid-Afrika, aangesien dit werkgeleenthede en groei bedreig. Hy het BRICS versoek om hervormings by die Wêreldhandelsorganisasie en […]
# Die Duitse kanselier Friedrich Merz het gewaarsku die Russiese president Vladimir Putin se plan sal nie met die verowering van Oekraïne eindig nie, maar eerder net die begin wees. Merz het tydens ‘n konferensie van Duitse ambassadeurs gesê hulle ervaar daagliks, en met toenemende intensiteit, hibriede Russiese aanvalle insluitend op infrastruktuur. Hy het verwys […]
# Die dodetal ná ‘n aanval op ‘n bus aan die buitewyke van Jerusalem het tot ses gestyg. Dit word beskryf as een van die dodelikste onlangse aanvalle op die Israelse stad. Twee gewapende mans het in spitstyd op die bus geklim onderweg na Joodse nedersettings. Die polisie het die twee aanvallers geskiet en ‘n […]
# Die vlieërplankryer Graham Howes van Bloubergstrand in Kaapstad se liggaam is gevind ná ‘n uitgebreide see-, lug- en kuslynsoektog. Die 38-jarige is gisteraand as vermis aangemeld nadat hy nie huis toe gekom het nadat hy die middag vlieërplank gery het by Eden-on-the-Bay nie. Hy is laas gesien op ‘n blou en swart vlieërplank met […]
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê twee van die vyf verkeersbeamptes wat vroeg gisteraand geskiet is tydens ‘n patrollie by die Daveyton-spoorwegstasie in Ekurhuleni, bly steeds in intensiewe sorg. Hulle is aangeval terwyl hulle na verdagtes gesoek het. Die polisie in Daveyton het ‘n saak van poging tot moord geopen en ondersoeke is aan […]
# Die Madlanga-kommissie sê hy is gereed vir openbare sittings wat aanstaande Woensdag by die Brigitte Mabandla-justisiekollege in Pretoria begin. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, wat bewerings van misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in wetstoepassing gemaak het, sal die eerste getuie wees. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, het ‘n opdatering oor die kommissie se […]
# Die Department van Paaie en Vervoer van Gauteng het ‘n skoon oudit vir die 2024/2025 finansiële jaar ontvang. Dit is die eerste keer wat die departement hierdie mylpaal bereik. Die LUR, Kedibone Diale-Tlabela sê die uitslag wys die departement se verbintenis tot aanspreklikheid, deursigtigheid, en sterk finansiële bestuur. Lesiba Mpya van die departement sê […]
# Die Chinese president, Xi Jinping, sê BRICS-lande moet verenig om multi-lateralisme te verdedig, oop handel te bevorder en samewerking vir gedeelde ontwikkeling te versterk. Hy het met die hulp van ‘n tolk gepraat tydens die virtuele BRICS-leiersberaad en gewaarsku handelsoorloë en versperrings ontwrig die wêreldekonomie. Xi het lidlande aangespoor om saam te werk met […]