# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, waarsku rampokkery is nie gewone misdaad nie maar ‘n bedreiging vir nasionale sekerheid. Cachalia het in Kaapstad beklemtoon dat die ontplooing van die weermag nie op hierdie stadium oorweeg word nie. Hy waarsku bendelede om nie gemeenskappe te benadeel of staatinstellings aan te val nie en sê […]
# ‘n Nuwe studie deur die Universiteit Stellenbosch toon pa’s se drankgebruik kan kinders se groei en ontwikkeling benadeel. Navorsers het bevind pa’s wat baie drink tydens ‘n swangerskap word gekoppel aan kinders wat korter is, kleiner koppe het en laer punte op die verbale Intelligensie-kwosiënt behaal. Marlene de Vries van die universiteit het op […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad moedig alle taxi-operateurs aan om voor die sperdatum aansoek te doen vir taxinoodfondsuitbetalings. Aansoeke vir uitbetalings sluit op 31 Oktober. Die eenmalige fonds, wat ingestel is om operateurs te help om te herstel van die impak van Covid-19, het reeds meer as 414-miljoen-rand aan meer as 73-duisend operateurs uitbetaal. Rebecca […]
# Rugby: Jasper Wiese is reguit in die Springbokke se opdrafspan ingesluit na sy skorsing van vier wedstryde vir ‘n kopstamp tydens ‘n toets teen Italië in Julie. Afrigter Rassie Erasmus het hom in die nommer agt-trui gekies vir Saterdag se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Nieu-Seeland in Wellington, en kaptein Siya Kolisi is terug op flank. Erasmus […]
# Rugby: Die nuwe afrigter van die Bulle, Johan Ackermann, het die Springbok-slot Ruan Nortjé as kaptein aangewys vir die komende Verenigde Rugbykampioenskaps-seisoen wat later die maand begin. Hy het ‘n groep van 56-spelers gekies in die groep, wat uit 32 voorspelers en 24 agterspelers bestaan. Dit sluit ervare spelers soos die Springbok-losskakel Handré Pollard […]
# President Cyril Ramaphosa sê die buitengewone BRICS-leiersberaad vind op ‘n kritieke tyd plaas, te midde van wêreldwye ekonomiese en politieke onsekerheid. Ramaphosa het tydens die virtuele BRICS-leiersberaad gewaarsku toenemende handelsoorloë en eensydige tariewe benadeel ontwikkelende lande, insluitend Suid-Afrika, aangesien dit werkgeleenthede en groei bedreig. Hy het BRICS versoek om hervormings by die Wêreldhandelsorganisasie en […]
# Die Duitse kanselier Friedrich Merz het gewaarsku die Russiese president Vladimir Putin se plan sal nie met die verowering van Oekraïne eindig nie, maar eerder net die begin wees. Merz het tydens ‘n konferensie van Duitse ambassadeurs gesê hulle ervaar daagliks, en met toenemende intensiteit, hibriede Russiese aanvalle insluitend op infrastruktuur. Hy het verwys […]
# Die dodetal ná ‘n aanval op ‘n bus aan die buitewyke van Jerusalem het tot ses gestyg. Dit word beskryf as een van die dodelikste onlangse aanvalle op die Israelse stad. Twee gewapende mans het in spitstyd op die bus geklim onderweg na Joodse nedersettings. Die polisie het die twee aanvallers geskiet en ‘n […]