# Die DA sê die nuwe Kodes oor Goeie Praktyk oor Ontslag moet sonder versuim ingestel word. Die kode bied omvattende en praktiese riglyne vir werkgewers, werknemers en vakbonde. Dit sluit sake in soos wangedrag, onbevoegdheid en bedryfsvereistes soos afleggings onder die Wet op Arbeidsverhoudinge. Michael Bagraim van die DA sê om seker te maak […]
# Minstens 19 mense is dood tydens betogings in Nepal oor ʼn regeringsverbod op aanlyn platforms soos Facebook, Instagram, WhatsApp en X. Sowat 145 mense is beseer, insluitend 28 polisiebeamptes. Die betogers wat hulself Generation Z noem, sê die verbod is sensorskap om inhoud te beheer wat krities is teenoor die regering en om teenstanders […]
# Die Madlanga-ondersoekkommissie sê sy aanbevelings sal nie bindend wees nie en slegs as riglyn vir president Cyril Ramaphosa dien. Die kommissie moet KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die polisie ondersoek. Hy sal die eerste getuie wees wanneer die verhore volgende Woensdag in Pretoria begin. Die […]
# ‘n Federale Appèlhof in New York het die laster-eis wat deur skrywer E Jean Carroll teen die Amerikaanse president Donald Trump aanhangig gemaak is, gehandhaaf. Sy het die president gedagvaar en beweer dat hy haar belaster het toe hy die bewering dat hy haar seksueel aangerand het, ontken het, en gesê het sy het […]
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se beplande uitsettings is onmenslik, vernederend en gevaarlik. Verlede week het Lesufi gewaarsku hy gaan uitsettings en die verwydering van informele nedersettings gebruik om die regering se pogings om grondbesettings te bekamp en behuisingsregulasies af te dwing. Nomahlubi Khwinana van die kommissie sê uitsetting moenie […]
Tennis: Die pasgekroonde Amerikaanse Ope-kampioen, Carlos Alcaraz, sê ‘n loopbaan-Grand Slam is sy doelwit nadat hy Sondag sy sesde Grand Slam-titel ingepalm het. Hy het sy vernaamste teenstander, die Italianer Jannik Sinner, as die wêreld-nommer-een vervang, en sal die jongste man wees om al vier Grand Slam-toernooie te wen as hy in Januarie in die […]
# Prince Harry was by Windsor-kasteel vir ‘n kranslegging en om privaat hulde te bring aan die oorlede koningin Elizabeth. Hy het gister in Engeland aangekom en blomme by die kasteel gelaat vir die derde herdenking van haar dood. Harry is in Londen vir die jaarlikse WellChild-toekennings. Sy besoek het bespiegeling aangevuur oor ‘n moontlike […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het Wes-Kaapse gemeenskappe aangespoor om met die polisie saam te werk om die toenemende bendegeweld te bekamp. Cachalia het tydens ‘n toespraak in Kaapstad wetstoepassingsagentskappe gevra om pogings teen ontwikkelende misdaadpatrone te verskerp. Cachalia het beklemtoon georganiseerde misdaad lei tot meer geweld en waarsku die staat moet […]
# President Cyril Ramaphosa het die president van Brasilië, Lula da Silva, se beroep vir ‘n wapenstilstand in Gaza en die erkenning van self-beskikking vir Palestina, ondersteun. Hy het gedurende ‘n buitengewone virtuele vergadering van die BRICS-leiers gesê blywende vrede is nodig vir ‘n tweestaat-oplossing. Hy het Suid-Afrika se ondersteuning vir geregtigheid en menseregte in […]