# Die saak van die verdagte wat verbind word met die skietery vroeër vandeesmaand in die taverne in Zithobeni, Bronkhorstspruit, is tot volgende maand uitgestel vir ‘n formele borgtogverhoor. Hy het gister in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn. Vyf mense is dood en ses is gewond tydens die skietvoorval by die taverne. Die woordvoerder van […]
# Die Stad Kaapstad sê die oprigting van twee nuwe MyCiTi-busdepots op die hoek van Spinestraat en Mew Way tussen Khayelitsha en Mitchells Plain, is voltooi. Elke depot het aanvanklik plek vir 145 busse. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die MyCiTi-busdiens se uitbreiding is een van die hoekstene van die metro se infratruktuurbeleggings wat 40-mijard-rand […]
# Masslift Africa het 208-duisend-rand aan die Nelson Mandela-kinderhospitaal in Johannesburg geskenk om die volgende geslag op te hef en te bemagtig. Dit is een van die enigste toegewese pediatriese geriewe in Suider-Afrika. Masslift Africa se uitvoerende hoof, Marco Caverni, sê die hospitaal is ‘n simbool van hoop en deernis, en dis ’n voorreg om […]
# Die Vryheidsfront Plus het die Departement van Water en Sanitasie van die Ekurhuleni-munsipaliteit kritiseer oor die stadige reaksie op die groot krisis met rioolbesoedeling in die Boksburgmeer. Die metro het eers van die krisis bewus geword toe die party dit op 9 Oktober aan die lig gebring het. Denise Janse van Rensburg van die […]
# Die Africa CSO G20-netwerk vir klimaat, energie en volhoubare finansiering eis dringende optrede na die bekendmaking van die tweede Global Tipping Points-verslag. Daarvolgens het die wêreld reeds die eerste groot klimaat-keerpunt verbygesteek met die wydverspreide agteruitgang van warmwater-koraalriwwe. Die ACG20 sê drie onmiddellike, nie-onderhandelbare stappe is nodig: sterker bekampingspogings, ʼn reuse-styging in die finansiering […]
# Die Universiteit van die Witwatersrand is gekies as een van 15 spanne wêreldwyd om befondsing te kry van die Bezos Aardfonds se Kunsmatige Intelligensie vir Klimaat en Natuur Uitdaging. Dis in 2024 bekend gestel met die uitdaging om die krag van KI te gebruik om die dubbele krisis van klimaatverandering en verlies aan biodiversiteit […]
# Die Forum for South Africa vra hoofregter Mandisa Maya om bewerings teen waarnemende regterpresident Aubrey Ledwaba te ondersoek. Getuie A het by die Madlanga-kommissie getuig hy het by ʼn informant gehoor dat 2,5-miljoen-rand geoormerk is om borgtog vir moordbeskuldigde Katiso “KT” Molefe te verseker. Die getuie het egter nie geweet of hierdie geld vir […]