# Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê digitale tegnologieë is ‘n noodsaaklike oplossing vir baie van die dringende uitdagings en is grondliggend in die bou van ‘n inklusiewe kennisgemeenskap. Hy het gister die openingsrede van die tweedaagse GovTech-konferensie in Durban gelewer. Ntuli sê die konferensie is ‘n plek waar idees saamvloei, vennootskappe gesmee word […]
# Sokker: Manchester City en die Premierliga het ‘n skikking bereik in hulle geskil oor die reëls wat Verwante Party-transaksies beheer. Die klub het in regstappe beweer dat die gewysigde APT-reëls onwettig is. Die reëls is ontwerp om te verhoed dat klubs borgskapooreenkomste bekom van verwante partye wat nie as van billike markwaarde beskou word […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het kommer uitgespreek oor die 12,3-persent afname in indiensneming in die telekommunikasie-, uitsaai- en possektor. Die parlementêre ekonomiese groepering het die media gister ingelig. Die komiteevoorsitter, Khusela Sangoni Diko, sê hierdie daling weerspieël groter ekonomiese druk, maar beklemtoon ook strukturele swakhede in die sektor. Sy sê […]
# Die Stad Tshwane sê alles is gereed vir sy eerste Tshwane-beleggingsberaad môre. Die geleentheid, met die tema “Tshwane Rising”, is gemik om beduidende beleggings te lok en die metro se enorme ekonomiese potensiaal te ontsluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê hulle mik om vyf-miljard-rand se beleggings by die […]
# Die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, Saftu, het die Departement van Indiensneming en Arbeid se besluit veroordeel om die Kode van Goeie Praktyk oor Afdanking in die Staatskoerant af te kondig. Die nuwe Kode verskaf riglyne aan werkgewers, werknemers en andere oor hulle wetlike verpligtings vir die beëindiging van indiensneming ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudings. Saftu se […]
# Die Franse Parlement het deur ‘n wantroue-mosie gestem om premier François Bayrou te verwyder, wat die land in ‘n nuwe politieke krisis gedompel het. ‘n Totaal van 364 parlementslede het teen hom gestem en 194 vir hom. Dit volg na hy vir ‘n stemming gevra het in ‘n poging om ‘n ongewilde besparingsplan deur […]
# Die EFF sê hy het amptelik ʼn privaat wetsontwerp by die Nasionale Vergadering ingedien om alkohol-advertensies te verbied. Die Drank-wysigingswet wil die Drankwet van 2003 wysig. Buiten ʼn verbod op advertensies, wil die wetsontwerp ook keer dat handelsmerk-elemente, maatskappyname of borgskappe wat met drank verband hou, by georganiseerde byeenkomste gebruik word. Die EFF maan […]