# Thailand se hoogste hof het die voormalige premier en miljardêr, Thaksin Shinawatra, tot ‘n jaar agter tralies gevonnis. Hy is 2023 tronkstraf van agt jaar opgelê op aanklagte van korrupsie en magsmisbruik. Maar hy is na ‘n hospitaal oorgeplaas nadat hy in die tronk aangekom het. Thaksin het toe ses maande in ‘n BBP-suite […]
# PNA wil vanjaar 2,5-miljoen-rand insamel as deel van sy jaarlikse, landwye fondsinsameling om gemeenskappe in Suid-Afrika en Namibië op te hef. Die veldtog wat op 18 Julie op Nelson Mandela-dag begin het, eindig Vrydag met PNA se Prettige Sokkie-dag. Die geleentheid ondersteun vier organisasies sonder winsbejag: Breadline Africa, die CHOC-kinderkankerstigting, Rally to Read en […]
# President Cyril Ramaphosa beantwoord vandag vrae van parlementslede in die Nasionale Vergadering in Kaapstad. Die hooffokus is op samewerking met die Amerikaanse regering vir die bereiking van ‘n handelsooreenkoms en die verlaging van tariewe. ‘n Evaluering van Suid-Afrika se presidentskap van die G20 is ook op die agenda. Die Presidensie sê Ramaphosa sal ook […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die heropening van die MR-310 wat Citrusdal met die N7-hoofpad verbind, is ʼn groot mylpaal. Die pad is erg beskadig tydens oorstromings in Junie 2023 en Julie 2024 toe die Olifantsrivier sy walle oorstroom en groot dele weggespoel het. Simmers sê die koste van die herstelwerk […]
# ‘n Student in openbare betrekkinge aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, Khomanani Makamu, sê om Suid-Afrika vroeër vanjaar by die Wêreld-studentespele in Duitsland te verteenwoordig was ‘n mylpaal vir sy loopbaan. Altesaam 150 lande het aan Spele, een van die grootste multi-sportgeleenthede ter wêreld, in 18 sportsoorte meegeding. Die 22-jarige Makamu, ‘n basketbalspeler wat […]
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, NEASA, gaan nie die regering se rassekwotas nakom nie en sê hy gaan nie diskriminasie op grond van ras of geslag verdra nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het onlangs NEASA en Sakeliga se aansoek vir ʼn interdik teen die nuwe indiensnemingsteikens van die hand gewys. Die teikens vir sogenaamde […]
# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê geskiedkundige vordering word gemaak met die omgewingsbeskerming van die metro se ontspanningsvleie. Die baggerwerk by Zeekoevlei is goed op dreef, asook die lewering van ‘n tweede onkruidverwyderingsmasjien vir Zandvlei, die derde gespesialiseerde voertuig van sy soort wat die kwartaal afgelewer is. Hill-Lewis sê die vaartuie sal nie […]