# Organiseerders van die jaarlikse Soweto Kota-fees, wat die naweek by die Dobsonville-stadion gehou is, sê die geleentheid was ‘n groot sukses. Honderde mense het opgedaag om die mees kreatiewe weergawes van elke township se geliefde straatkos te proe. Thabane Ledwaba van 2 Selai het weggestap met die titel van die Beste Kota van die […]
# Die Stad Tshwane nooi beleggers uit om te help met die ontwikkeling van die Bon Accord-steengroef. Die steengroef is in 1904 geskep om te help met die vervaardiging en verskaffing van materiaal vir die bou en instandhouding van paaie. Die burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Tlangi Mogale, sê die steengroef het die kapasiteit om […]
# Die Stad Ekurhuleni het duidelikheid verskaf oor sy chemiese-toiletdienste in informele nedersettings. Dit volg op berigte dat die metro se vorige driejaarkontrak vir chemiese toilette weens wanbetaling beëindig is. Die metro sê dit is verkeerd, aangesien die kontrakte hul natuurlike vervaldatum bereik het in ooreenstemming met Voorsieningskettingbestuursprosesse. Ekurhuleni se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê berigte […]
# Die DA in die Oos-Kaap vra dat meer rehabilitasiesentrums in die provinsie gevestig word. Die party het die Ernest Malgas-sentrum in New Brighton besoek, wat die enigste staatsbefondsde dwelmrehabilitasiefasiliteit in die provinsie is. Die sentrum maak voorsiening vir minderjariges tussen die ouderdomme van 13 en 17. Retief Odendaal van die DA sê hulle gaan […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Ekurhuleni se gebrekkige kragtariefstelsel word gekenmerk deur teenstrydighede, swak beplanning en onvoldoende openbare deelname. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het onlangs die metro se tariewe vir die 2025/2026-boekjaar goedgekeur. Die VF Plus eis die bekendmaking van Nersa se amptelike brief waarin die tariewe goedgekeur word en die onmiddellike […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, lei vandag ‘n hoë-impakdiensleweringsoperasie in Ivory Park, Streek A. Die operasie sal kritieke diensleweringsuitdagings hanteer wat vererger word deur kwessies soos vandalisme, onwettige verbindings aan water- en elektrisiteitsinfrastruktuur, rioolstortings, slaggate, onwettige handel en storting. Die kantoor van die burgemeester sê die metro is verbind tot doeltreffende dienslewering, en […]
# Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 255 mense gearresteer en meer as 50-duisend se boetes uitgereik. Hulle het ook beslag gelê op agt vuurwapens in gebiede soos Manenberg, Lavender Hill en Atlantis. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die Openbare Noodkommunikasiesentrum het die naweek een-duisend-407 voorvalle aangemeld. Dit […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die vonnis van Raymond Steven Jan-Erick Smith. Die Hooggeregshof in Pretoria het Smith twee lewenslange vonnisse opgelê vir twee moorde, drie jaar vir poging tot moord, en agt jaar tronkstraf vir poging tot roof met verswarende omstandighede. Die NVG se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die Batebeslagleggingseenheid het in Julie ʼn […]