# AfriForum sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, vererger diplomatieke spanning met Amerika en bevorder rassisme. Die organisasie het Mbalula veroordeel omdat hy Afrikaner-vlugtelinge in die VSA op ‘n nuuskonferensie karwagte en moordenaars genoem het. AfriForum beskuldig Mbalula daarvan dat hy die verhouding tussen Amerika en Suid-Afrika vererger deur die Amerikaanse regering as […]
# Die DA in die Wes-Kaap is bekommerd oor die toenemende geweld in die e-taxi bedryf nadat ‘n e-taxi bestuurder Disdag aangeval, gesteek en beroof is, wat veiligheidskwessies aan die lig bring. Die DA-lid, Nomafrench Mbombo, vra dringende optrede om bestuurders en pendelaars te beskerm. Die huidige pogings sluit veiligheidsopleiding en regulatoriese gesprekke in, maar […]
# Die Kabinet het die vordering voor die eerste Nasionale Dialoogkonvensie geëvalueer wat vanaf 15 tot 17 Augustus 2025 by UNISA in Pretoria plaasvind. Die Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die geleentheid mik om konsensus te bereik oor Suid-Afrika se 30-jaar visie, met insette van mense op alle lewensterreine. Sy het bevestig dat […]
# Die kabinet verwelkom die ontwikkeling van ‘n handel- en beleggingspakket vir 2025 tot 2029 om ekonomiese bande met China te versterk. Adjunkpresident Paul Mashatile het die pakket verlede maand bekendgestel gedurende sy besoek aan die Asiese moondheid. Dit posisioneer Suid-Afrika as die deurgang na Afrika suid van die Sahara. Die minister in die Presidensie, […]
# Freedom Under Law sê die onlangse moorde op twee Oos-Kaapse aanklaers is ‘n regstreekse aanval op die oppergesag van die reg. Tracy Brown is verlede week voor haar huis in Gqeberha doodgeskiet en Elona Sombulula is in April in Ngcobo vermoor. Die organisasie sê hierdie aanvalle weerspieël ‘n ontstellende patroon van geweld wat gemik […]
# Die kabinet verwelkom die aanstelling van regter Mbuyiseli Madlanga as voorsitter van die regterlike kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. Dit volg ná bewerings wat die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, geopper het. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kommissie se ondersoek sal openbare vertroue […]
# Cosatu en Samwu versoek die premier van Noordwes, Lazarus Mokgosi, om vinnig op te tree en te verseker werkers van die Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit ontvang teen môre hul salarisse. Die vakbondfederasie sê die amptenare is reeds drie maande sonder salaris. Kabelo Kgoro van Cosatu sê die organisasie en Samwu het met die burgemeester, Molefe Morutse, […]