# Londen is vir die derde agtereenvolgende jaar as die beste stad in Europa aangewys. Resonance Consultancy het drie belangrike faktore in ag geneem: leefbaarheid, geliefdheid en welvarendheid. Hy sê Londen se magnetiese aantrekkingskrag lok steeds ‘n wêreldwye gehoor, van studente en entrepreneurs tot toeriste en korporatiewe reuse. In die tweede plek is Parys, wat […]
# Die Viewing Room-kunsgalery in Brooklyn, Pretoria, bied ‘n inspirerende groepsuitstalling aan wat die kreatiewe talente van drukkunsstudente en personeel van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Departement Beeldende en Ateljeekuns ten toon stel. Die uitstalling getiteld Setlhatliso beliggaam die kreatiewe rykdom en lewenskrag van die drukkunsproses. Setlhatliso is ‘n Setswana-woord wat verwys na ‘n […]
# Die uitsaaier, skrywer en natuurkundige David Attenborough glo sy nuwe rolprent, Ocean, kan ‘n beslissende rol speel in die redding van biodiversiteit en die beskerming van die planeet teen klimaatsverandering. Die rolprent beklemtoon hoe die oseaan die wêreld gevorm het en waarom die toekoms van die planeet verweef is met die gesondheid van oseane. […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy erken die potensiaal van die benutting van nywerheidsontwikkeling en handel om behoorlike werkgeleenthede en maatskaplike geregtigheid te bevorder, maar die ANC se huidige benadering en beleid ondermyn hierdie ideaal. Heloïse Denner van die VF-Plus sê die ANC se obsessie om gelyke uitkomste te bereik, ten koste van gelyke geleenthede, […]
# Die Stad Tshwane sê tegnici is steeds hard aan die werk om herstelwerk aan verbrande kabels en ‘n beskadigde terminaal by die Theresapark sekondêre substasie te doen. Vandale het die substasie beskadig en kabels gesteel wat gelei het tot ‘n brand in die substasie. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê krag is nog […]
# Die Stad Kaapstad se Rolprentkantoor nooi rolprentmakers uit om aansoek te doen vir ondersteuning deur die Stad se Rolprentfonds vir produksies wat gedurende die 2025/2026-boekjaar voltooi sal wees. Die fonds bied ondersteuning aan ‘n reeks produksies, insluitend kort- en speelfilms, musiekvideo’s, advertensies en realiteits-TV-reekse. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die […]