# Die DA in die Tswaing-munisipaliteit in Noordwes sê die ineenstorting van septiese tenkuitsuigdienste in Sannieshof het ‘n mensgemaakte ramp veroorsaak. Meer as 2,7-miljoen liter rou rioolwater word onbehandeld in die dorp se septiese tenks opgegaar. Carin Visser van die DA sê vir langer as ‘n jaar stroom rou rioolwater in huise, oorstroom toilette en […]
# Cosatu sê hy steun die vakbond Popcru se versoek dat polisielede se sterftetoelaag verhoog word. Sewe-en-twintig polisielede is tussen 1 April verlede jaar en 31 Maart vanjaar aan diens dood. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê dis onaanvaarbaar dat die sterftetoelaag sedert sy ontstaan op 250-duisend-rand bly en voeg by dit kan nie na […]
# Sokker: Bafana Bafana speel vandag in Bloemfontein teen Nigerië, wetende dat ‘n oorwinning regstreekse kwalifikasie vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi sal verseker – mits geen strafpunte afgetrek word nie. FIFA moet nog beslis of Suid-Afrika drie punte moet verbeur vir die insluiting van die geskorste Teboho Mokoena in die span wat Lesotho in Maart […]
# Rugby: Die All Black-senter Quinn Tupaea het sy kontrak met die Nieu-Seelandse Rugbyunie en Chiefs tot einde 2027 verleng. Die 26-jarige het vanjaar ‘n uitstekende Superrugby Pacific-veldtog agter die rug wat daartoe gelei het dat hy die eerste keer sedert 2022 na die nasionale span opgeroep is. Die All Blacks se oorwinning van 24-17 […]
# Sokker: Die Engelse Premierligaspan Nottingham Forest het afrigter Nuno Espirito Santo afgedank na 21-maande in beheer en slegs drie wedstryde in die nuwe seisoen. Die Portugees het in Junie ʼn driejaar-kontrak onderteken, maar verlede maand erken sy verhouding met die eienaar, Evangelos Marinakis, het versleg. Nuno het Forest verlede seisoen na ʼn sewende plek […]
# Organiseerders van die jaarlikse Soweto Kota-fees, wat die naweek by die Dobsonville-stadion gehou is, sê die geleentheid was ‘n groot sukses. Honderde mense het opgedaag om die mees kreatiewe weergawes van elke township se geliefde straatkos te proe. Thabane Ledwaba van 2 Selai het weggestap met die titel van die Beste Kota van die […]
# Die Stad Tshwane nooi beleggers uit om te help met die ontwikkeling van die Bon Accord-steengroef. Die steengroef is in 1904 geskep om te help met die vervaardiging en verskaffing van materiaal vir die bou en instandhouding van paaie. Die burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Tlangi Mogale, sê die steengroef het die kapasiteit om […]
# Die Stad Ekurhuleni het duidelikheid verskaf oor sy chemiese-toiletdienste in informele nedersettings. Dit volg op berigte dat die metro se vorige driejaarkontrak vir chemiese toilette weens wanbetaling beëindig is. Die metro sê dit is verkeerd, aangesien die kontrakte hul natuurlike vervaldatum bereik het in ooreenstemming met Voorsieningskettingbestuursprosesse. Ekurhuleni se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê berigte […]