# Die EFF het aan Soviet Lekganyane, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat die bewerings van KwaZulu-Natal se polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi ondersoek, geskryf. Die party het kommer uitgespreek oor die komitee se konsep-opdrag, vertraging met dokumente se verspreiding aan die partye, en die regslui wat aangestel is om te help. Die EFF sê die […]
# Eerste minister Benjamin Netanyahu sê Israel beplan om militêre beheer oor die hele Gaza te neem. Die Verenigde Nasies waarsku dit kan rampspoedige gevolge hê, insluitend nog Palestynse sterftes en massa-ontheemding. Israel maak volgens berigte gereed vir ʼn tweefase-operasie om beheer oor Gaza-stad te neem en sowat ʼn miljoen inwoners te verwyder as tydelike […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het sy uitvoerende raad herstruktureer ná die verkiesing in Julie van die African Independent Congress-lid, Margaret Arnolds, as die speaker van die raad. Die ANC-raadslid, Loyiso Masuku is aangestel as burgemeesterskomiteelid vir Finansies, ‘n posisie wat Arnolds beklee het. Die raadsweep Sthembiso Zungu sal by Masuku oorneem as […]
# Action Society versoek die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om dringend in te gryp met die moordsyfer in Suid-Afrika wat tans die van sommige oorlogsones oorskry. Die organisasie sê meer as 26-duisend mense is in die afgelope jaar vermoor, in vergelyking met tien-duisend burgerlike sterftes in die oorloggeteisterde Oekraïne. Action Society se woordvoerder […]
# Build One South Africa sê die regering ondermyn die stryd teen geslagsgeweld deur te weier dat kabinetministers op die nasionale register vir seksoortreders nagegaan word. Die party het bekend gemaak dat president Cyril Ramaphosa geweier het om te bevestig of enige ministers of adjunkministers op die register verskyn, en tot toekomstige sifting toe te […]
# President Cyril Ramaphosa sal vandag die Stasie 5A Waterbehandelingsaanleg by Rand Water se Zuikerbosch-gerief in Vereeniging bekendstel. Rand Water bedryf die aanleg, onder die Departement van Water en Sanitasie. Dit is die grootste in Afrika en sal watersekerheid verhoog en die groeiende aanvraag in Gauteng ondersteun. Die Presidensie sê dit stem ooreen met Ramaphosa […]
# Krieket: Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada glo hulle moet nou die opwinding van hulle oorwinning oor Australië in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap agterlaat en daarop fokus om die land in witbalreekse te pak. Die eerste van drie T20’s word Sondag in Darwin gespeel en na die reeks volg drie eendagwedstryde. Rabada sien daarna uit […]
# Die tuinboukundige, Richard Arm, het kamelia-liefhebbers aangemoedig om die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes, Kaapstad, te besoek en sy internasionaal-erkende kamelia-tuin te vier. Dit volg na ‘n onlangse suksesvolle geleentheid waar meer as ‘n duisend struike tentoongestel is. Arm sê die landgoed bevat Afrika se enigste “Internasionale Tuin van Uitnemendheid”. Hy het beklemtoon dat die tuin […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria lewer vandag uitspraak oor die laaste rusplek van die gewese Zambiese president, Edgar Lungu. Die Zambiese regering het versoek dat sy liggaam na sy vaderland geneem moet word vir ‘n staatsbegrafnis en teraarde-bestelling in Embassy Park in Lusaka. Die regering betoog sy voordele is wel opgeskort weens politieke ingryping, maar […]