# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die polisie gevra om alles in hul vermoë te doen om die moordenaars van die Oos-Kaapse aanklaer, Tracy Brown, vas te trek. Die minister het gister die vermoorde aanklaer se gedenkdiens bygewoon. Brown, wat by die New Brighton-landdroshof in Gqeberha gewerk het, is verlede […]
# President Cyril Ramaphosa het per telefoon met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat oor die oorlog in Oekraïne en sake van gemeenskaplike, bilaterale belang. Sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne het Westerse nasies verreikende sanksies teen Moskou ingestel in ʼn poging om sy oorlogspoging te stuit. Suid-Afrika het egter ʼn beleid van nie-belyning […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig president Cyril Ramaphosa het telefonies met die Amerikaanse president Donald Trump gepraat. Die presidensie sê die presidente het ooreengekom tot verdere gesprekke, met erkenning aan die verskeie handelsonderhandelinge waarby die lande tans betrokke is. # Mail & Guardian op […]
# Die DA het die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, se besluit verwelkom om ʼn strafregtelike saak aanhangig te maak teen die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka. Dit volg na ʼn video van die aanlyn nuusblad, Daily Maverick, wat wys hoe Malaka en die trust se woordvoerder ʼn joernalis omkoopgeld […]
# Die EFF het aan Soviet Lekganyane, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat die bewerings van KwaZulu-Natal se polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi ondersoek, geskryf. Die party het kommer uitgespreek oor die komitee se konsep-opdrag, vertraging met dokumente se verspreiding aan die partye, en die regslui wat aangestel is om te help. Die EFF sê die […]
# Eerste minister Benjamin Netanyahu sê Israel beplan om militêre beheer oor die hele Gaza te neem. Die Verenigde Nasies waarsku dit kan rampspoedige gevolge hê, insluitend nog Palestynse sterftes en massa-ontheemding. Israel maak volgens berigte gereed vir ʼn tweefase-operasie om beheer oor Gaza-stad te neem en sowat ʼn miljoen inwoners te verwyder as tydelike […]