# Gauteng se adjunkdirekteur-generaal van Ekonomiese Beplanning en Ontwikkeling, Bulumko Nelana, sê die Tweede Jaarlikse Handelskou en Konferensie vir Ambassades by die WNNR-konferensiesentrum in Pretoria is daarop gerig om sterk netwerke oor grense te bou. Die byeenkoms, met die tema ‘Direkte handels-uitruiling tussen ambassades’ bring meer as een-duisend-500 afgevaardigdes, 120 uitstallers en 40 ambassades bymekaar. […]
# Die Departement van Water en Sanitasie sê Sunday Times se artikel waarin verwys word na Waterrade se lede wat byna 50-miljoen-rand per jaar aan raadsfooie verdien, is misleidend. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die maksimum bedrag wat ‘n raadslid in die laaste boekjaar verdien het, was 1,7-miljoen-rand. Sy voeg by die stelling […]
# Na geringe groei van 0,1-persent in die eerste kwartaal van 2025, het die BBP in die tweede kwartaal van April tot Junie met 0,8-persent versterk. Vervaardiging, mynbou en handel het groei aan die voorsieningskant van die ekonomie gelei. Die bestedingskant was ook positief, hoofsaaklik danksy sterker huishoudelike verbruik en swakker invoere.
# Die DA kritiseer president Cyril Ramaphosa se besluit om die hoof van die Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, nie verantwoordelik te hou nadat hy ’n politieke besoek aan Iran gebring het, wat die weermag se nie-politiese kode geskend het. Chris Hattingh van die DA sê die president het nie die generaal aanspreeklik gehou nie, wat […]
# Die Weskusdorp Hopefield berei ywerig voor vir die Fynbos-kwiltfees wat van 8 tot 11 Oktober deur die Goeie Hoop Kwiltersgilde aangebied word. Die vierdaagse geleentheid met die tema Skep. Verbind. Sorg sal uitstallings, slypskole en gemeenskapsbyeenkomste insluit om meer as 500 besoekers te lok. Bedrywighede sluit onder meer klasse oor kwiltwerk, botaniese drukwerk, breiwerk […]
# Die DA gaan die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, vra vir groter beskerming vir verklikkers deur wetgewende hervormings. Glynnis Breytenbach van die DA verwys na die sluipmoord op die Johannesburgse insolvensie-regskenner Bouwer van Niekerk. Sy sê president Cyril Ramaphosa het gedurende sy staatsrede in Februarie gesê die regering sal die fluitjieblaser-beskermingsraamwerk […]