# Die Franse polisie stel ondersoek in nadat varkkoppe voor verskeie moskees in Parys gevind is. Die minister van Binnelandse Sake, Bruno Retailleau, het die optrede veroordeel en dit skandalig en absoluut onaanvaarbaar genoem. Hy sê sy Moslem-landgenote moet hul geloof in vrede kan uitleef. Frankryk is die tuiste van die grootste Moslem-gemeenskap in die […]
# Pro-Palestynse betogers het by die opening van ’n groot wapententoonstelling in Londen bymekaargekom. As gevolg van spanning tussen Brittanje en Israel oor die Gaza-konflik, woon Israelse regeringsamptenare nie die tentoonstelling by nie. Polisie het toegekyk hoe ongeveer 300 betogers Palestynse vlae waai en plakkate dra, ondermeer een met die slagspreuk: “Brittanje: Hou op om […]
# Die Energiereguleerder het ‘n vier-persent verhoging in Sasol se maksimum prys van gas vir die 2025/2026 finansiële jaar bevestig. Die aanpassing, wat van volgende maand tot Desember in werking tree, verhoog die maksimum prys van 87-rand-vier-sent tot 90-rand-57-sent per gigajoule, hoofsaaklik as gevolg van die koste van gas van Mosambiek, oliepryse, wisselkoerse, en die […]
# Fetale Alkohol Spektrum Steurnis-dag verhoog bewusmaking rakende die gevare van drankgebruik tydens swangerskap. Alkohol wat deur moeders verbruik word, gaan reguit na die fetus en veroorsaak onomkeerbare fisieke, intellektuele en gedragskade. Kenners beklemtoon hierdie versteuring, insluitend Fetale Alkoholsindroom, is heeltemal voorkombaar indien alkohol dwarsdeur die swangerskap vermy word. Gesondheidsorgpersoneel versoek enigiemand wat swanger is […]
# Suid-Afrika se ekonomie het met 0,8-persent gegroei vanaf April tot Junie teenoor 0,1-persent in die vorige kwartaal. Groei is aangevuur deur mynbou, vervaardiging en handel, met sterk prestasie in platinum, goud, chemikalieë en die motorbedryf. Huishoudelike besteding aan goedere, klere en gasvryheid het ook bygedra. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het tydens die vrystelling van […]
# Gauteng se adjunkdirekteur-generaal van Ekonomiese Beplanning en Ontwikkeling, Bulumko Nelana, sê die Tweede Jaarlikse Handelskou en Konferensie vir Ambassades by die WNNR-konferensiesentrum in Pretoria is daarop gerig om sterk netwerke oor grense te bou. Die byeenkoms, met die tema ‘Direkte handels-uitruiling tussen ambassades’ bring meer as een-duisend-500 afgevaardigdes, 120 uitstallers en 40 ambassades bymekaar. […]
# Die Departement van Water en Sanitasie sê Sunday Times se artikel waarin verwys word na Waterrade se lede wat byna 50-miljoen-rand per jaar aan raadsfooie verdien, is misleidend. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die maksimum bedrag wat ‘n raadslid in die laaste boekjaar verdien het, was 1,7-miljoen-rand. Sy voeg by die stelling […]