# Rugby: Die Wallabies se hoofafrigter, Joe Schmidt, sê die 34-jarige James O’Connor sal oorweeg word vir vanjaar se reeks teen die Britse en Ierse Leeus. Hy het in 2013 losskakel gespeel teen die Leeus, en Schmidt sê hy sal opsies bied omdat hy ook senter kan speel. Die ander moontlike losskakels is Noah Lolesio […]
# ‘n Navorser aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Heike Hartnick, bevraagteken die wets-riglyne van mense wat ontslaan word oor wangedrag buite ‘n werkgewer se perseel en werksure. Sy sê werkgewers in Suid-Afrika moet omvattende en duidelik uitgestippelde sosiale media-beleid instel. Hartnick sê dit moet aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag definieer en dissiplinêre gevolge uiteensit, en […]
# Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond in Ekurhuleni het die stad se besluit gekritiseer, om voorlopige ontslagkennisgewings aan meer as 300 Metro polisiepersoneel uit te reik. Dit volg na hul deelname aan ’n onwettige staking en die blokkering van belangrike snelweë in Maart vanjaar. Tshephang Langa van SAMWU sê hierdie drakoniese optrede is nie net ’n […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap gaan appèl aanteken teen die toestaan van borgtog aan die Premier-sokkerliga se hoofbestuurder en voormalige FIFA-skeidsregter, Ace Ngcobo, en sy vrou, Salome. Bellville se Landdroshof het borgtog op onderskeidelik 50-duisend en 30-duisend-rand vasgestel met hulle verskyning op aanklag van bedrog en geldwassery. Zinzi Hani van die Valke sê […]
# Russiese hommeltuigaanvalle het oornag die noordoostelike Kharkiv-streek van Oekraïne getref. Die Barabashovo-mark in die stad Kharkiv is een van die plekke wat getref is en oornag grootliks afgebrand het. Dit volg ná ‘n Oekraïense hommeltuigaanval op Moskou wat die tydelike sluiting van die stad se lughawens veroorsaak het. Dit is die tweede agtereenvolgende nag […]
# Die DA het in die Hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat die regering se nuwe diensbillikheids-teikens onregmatig en ongrondwetlik is. Die party glo die Ministerie van Werkskepping en Arbeid het sy mag oorskry deur onbuigsame numeriese teikens te stel sonder voldoende raadpleging. Die DA se regsverteenwoordiger, Ismail Jamie, het aan die hof gesê die teikens […]
# Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Moses Vilakati, glo landbou moet ‘n integrale rol speel in die versnelling van ontwikkeling op die vasteland. Hy het gepraat op die bekendstelling van die strategie- en aksieplan vir die Omvattende Afrika Landbou-ontwikkelingsprogram in Kemptonpark, Ekurhuleni. Vilakati het aan SABC News gesê die AU se lidlande moet hierdie […]
# Duitsland se konserwatiewe leier, Friedrich Merz, het onverwags te min steun gekry in die Parlement om kanselier te word. Hy het 316 van die 630 setels in die Bundestag nodig gehad, maar kon slegs 310 gekry. Dit is ’n beduidende terugslag vir die leier van die Christen-Demokrate wat twee en ’n half maande gelede […]