# Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê die McLaren-renjaers, Oscar Piastri van Australië en die Brit Lando Norris, sal alles moet uithaal in die stryd vir die bestuurderskampioenskap met Max Verstappen. Daar is ‘n verskil van net 14 punte tussen Piastri en Norris, met Verstappen wat nou net 40 punte agter die voorloper is […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging se nasionale beamptes het eenparig besluit om die eerste adjunkpresident, Nolubabalo Mcinga, weens politieke wangedrag te ontslaan. Die party sê een van die redes vir haar verwydering is haar vergadering met MK-partyleier Jacob Zuma wat nie goedgekeur was nie. Die leier van die beweging, Floyd Shivambu, sê Mcinga se lidmaatskap van […]
# Cosatu het Eskom se nasionale bekendstelling van slimmeters verwelkom. Die projek is deel van die kragvoorsiener se groter plan om die nasionale netwerk te moderniseer. Eskom beoog om oor die volgende drie jaar 7,2-miljoen slimmeters deur die land te installeer. Die huidige fase van die bekendstelling sal na verwagting sowat 800-duisend kliënte bevoordeel. Matthew […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd omdat die Stad Tshwane kleinhoewes op die 2025 eiendomswaardasielys as residensiële eiendomme geklassifiseer het. Dit het tot aansienlik hoër eiendomsbelasting gelei. ʼn VF Plus-woordvoerder, Grandi Theunissen, sê alhoewel die waardasielys oop was vir openbare kommentaar, is daar nie behoorlik met eienaars gekommunikeer nie. Hy sê die ANC/ActionSA/EFF-regering […]
# Die DA in die Wes-Kaap het sy kommer uitgespreek oor die polisie se stadige reaksie om die name bekend te maak van die vier aangehoudenes wat Maandag by die Wynberg Landdroshof ontsnap het. Ses aangehoudenes wat op aanklagte van onder meer onwettige wapenbesit en huisbraak moes verskyn, het by die hof uit polisiebewaking ontsnap. […]
# Vier olifante is opgemerk naby Zutshwa in die Kgalagadi-streek in Botswana, net 70-kilometer vanaf die Kgalagadi-oorgrenspark op die grens met die Noord-Kaap. Dis die naaste waarneming aan die park in byna ʼn dekade. JP Smith van SANParke sê Botswana se Departement van Natuurlewe en Nasionale Parke het die waarneming bevestig, wat ʼn verskuiwing in […]
# Padwedlope: Die wêreldrekordhouer in die marathon vir vroue, Ruth Chepngetich van Kenia, is vir drie jaar geskors nadat sy erken het sy het ‘n verbode middel gebruik. Die 31-jarige is in Julie voorlopig geskors toe die Atletiek-integriteitseenheid ‘n ontwateringsmiddel in haar uriene gevind het in ‘n monster wat in Maart geneem is. Die eenheid […]
# ‘n Gewese ANC-parlementslid wat skuldig bevind is aan bedrog, Manyaba Rubben Mohlaloga, het sy tronkstraf van 20-jaar begin nadat hy gister by die Handelsmisdaadhof in Pretoria aangemeld het. Sy skuldigbevinding aan bedrog en geldwassery hou verband met ‘n onwettige toelaag van ses-miljoen-rand aan ‘n instelling met net ‘n mondelinge opdrag van die destydse uitvoerende […]