# Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê die nuwe sektorale teikens kragtens die Wet op Gelyke Indiensneming is nie raskwotas nie, maar ‘n manier om billike verteenwoordiging in die werkplek te verseker. Die departement het in die Hooggeregshof in Pretoria aangevoer die teikens is in oorleg met die betrokke sektore ontwikkel en is wel […]
# Rusland en Oekraïne het elk 205 soldate vrygelaat in die vyfde uitruiling van krygsgevangenes sedert die begin van die jaar. Moskou sê die Verenigde Arabiese Emirate het die uitruiling bemiddel en voeg by sy soldate is tans in Belarus vir mediese en sielkundige ondersoeke. Die uitruiling volg terwyl gesprekke oor ‘n wapenstilstand wat Amerika […]
# Sokker: Real Madrid skarrel om Liverpool se verdediger, Trent Alexander-Arnold, te kontrakteer voor die begin van die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika. Die 26-jarige Engelse internasionale speler het gister aangekondig hy beplan om die Engelse klub einde Junie te verlaat. Hy het die Premierliga-kampioen sedert 2016 op senior vlak verteenwoordig nadat hy sedert die ouderdom van […]
# Die hofsaak teen ’n persoon wat verbind word met die ontvoering van die joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat Zodwa Mdhluli is om jurisdiksionele redes oorgeplaas vanaf Mamelodi in Pretoria na KwaMhlanga in Mpumalanga. Drie ander beskuldigdes sal later die week in dieselfde hof verskyn. ‘n Operasie het Sondag tot vier inhegtenisnemings gelei, met een […]
# City Power worstel met wydverspreide kragonderbrekings in Alexandra wat veroorsaak word deur ernstige netwerkoorbelading en ‘n groot aantal kabelprobleme. Gebiede wat geraak word sluit in 1ste tot 14de Laan, asook gedeeltes van 4de tot 8ste Laan. Tegnici is besig om kabels te vervang en foute te toets. Woordvoerder Isaac Mangena sê ladingsvermindering sal gedurende […]
# ‘n Vermeende transitorower in Gauteng het sy been verloor toe hy vroeër vandag probeer het om ‘n geldwa op te blaas tydens ‘n rooftog in Thokoza in Ekurhuleni. Die toestel het ontplof toe die verdagte na bewering probeer het om ‘n gepantserde geldwa op te blaas. Die verdagte is op die toneel ernstig beseer. […]
# AfriForum Jeug het ‘n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien om duidelikheid te kan kry oor die Noordwes-Universiteit se ondersoek na ‘n voorval in die Eikenhof-vrouekoshuis, wat na bewering ‘n sangoma-ritueel behels het. Die universiteit beweer daar is geen bewyse van so ‘n ritueel gevind nie, maar […]
# Die Gemeenskapsveiligheidskomitee van die Gautengse Wetgewer het kommer uitgespreek nadat meer as 300 Ekurhuleni metro-polisiebeamptes geskors is oor hul deelname aan ‘n onwettige staking in Maart. Die voorsitter, Bandile Masuku, waarsku dat die massa-skorsing openbare veiligheid en die verkeersvloei bedreig, veral rondom die OR Tambo Internasionale Lughawe. Hy vra die Stad Ekurhuleni om die […]